News Nuggets for 1st term 2017

Good day!

 

Attached please find the 1st term’s HEY! News Nuggets. So many people ask us where exactly we serve and therefore the table indicate exactly all places and numbers. It takes up a lot of space in this newsletter, and consequently there is not enough room for all news in the letter. I would therefore like to add two points:

  • Aanhou wen in Somerset West is the first of our HEY! HELP! initiatives and we work here with the disabled. We want to work closer with them in future. Many of the members come from disadvantaged circumstances. It’s an absolute blessing to serve here and they are so receptive!

• The prayer container at Danie Ackermann is making good progress and is going to be called the “House of Hope” We intend to implement it as a real house of prayer from April when schools reopen!

 

2017 began with new opportunities, a lack of people to help, and other challenges but we gave everything in faith to our Heavenly Father and trusted Him for outcomes. God is so faithful! I share these quotes by Reinhard Bonnke regarding faith as inspiration for each of us: “Faith is a kind of immune system filtering out fears that otherwise would paralyze all activity. Faith is a leap into the light, not a step into the darkness”  Walk fearlessly in faith every day.

 

May you and your loved ones experience a blessed Easter and  may you be intensely aware of Jesus’ grace and love for you!

 

Warm regards

1st term 2017

Kaapstad 4de kwartaal Nuusbrief

Aangeheg vind asb ons laaste nuusbrief vir die jaar. Daar was werklik soveel om te deel en ek kon net ‘n paar kort brokkies neerstip. Weet ook dat dit maar ‘n druppeltjie in die emmer is teenoor wat alles die kwartaal in detail gebeur het!

 

Ek sluit die jaar af deur ‘n paar Bybelverse wat as seen en bemoediging aan jou gegee word neer te pen. Sit dit in jou hart?

“In the morning, O Lord , You will hear my voice; In the morning I will prepare [a prayer and a sacrifice] for You and watch and wait [for You to speak to my heart].”

PSALM 5:3 AMP

Mag jy elke dag en veral ook in die vakansietyd met God begin en mag jy Sy stem hoor en Hom waarneem in die mooi natuur waar ons tipies gaan uitspan om te rus.. die see… berge.. riviere…bos…

“Die oppermagtige Here het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit ’n leerling betaam. Die oppermagtige Here het my ore oopgemaak. Ek was nie teen Hom opstandig nie. Ek was nie ontrou aan Hom nie”

Jes.50.4-5.NLV

 

Ons beskermings gebed aan jou is die volgende: “No weapon formed against you shall prosper, And every tongue which rises against you in judgment You shall condemn. This is the heritage of the servants of the Lord , And their righteousness is from Me,” Says the Lord “Isa.54.17.NKJV Spreek lewe elke dag deur Skrif te bid oor jou en jou geliefdes se lewe en weet en hou vas daaraan dat:

“For no word from God will ever fail.” Luk.1.37.NIV

 

In die Kerstyd waar ons die geboorte van ons Verlosser, Jesus herdenk, is die woorde “gee” en “gawes” prominent maar onthou dat Jesus dit vir ons onverdiend gee! “Every good and perfect gift is from above, coming down from the Father of the heavenly lights, who does not change like shifting shadows” Jas.1.17.NIV

 

Volg die skakel om die Nuusbrief te lees

 

4de kwartaal 2016

Beaumont Uitreik 2016

Beste ouers!

 

Ons wil julle bedank vir elke donasie wat hierdie uitreik so spesiaal gemaak het! Daar was soveel mense wie elk hul deel bygedra het om dit ‘n onvergeetlike dag te maak – weet verseker dat elkeen teenwoordig ‘n wonderlike tyd gehad het. Dié wie aan die “gee” kant was kon getuig “dis saliger om te gee as om te ontvang”

 

Die weer was fantasties  en die koeke (daar was 10 ) baie smaaklik en sommige kinders het sommer 3 of 4 keer kom kry!  Ons het die jaar ook pette laat druk met die HEY! logo op om aan die kinders wie genooi was van  Croydon crèche, Rustenhofplaas, Babbel en Krabbel en Hope&light te gee as geskenk en dit was absoluut ‘n wenner!

 

Dis asof elke jaar se uitreik net lekkerder is en beter verloop as die vorige jaar!

 

Volg die skakel om die Nuusbrief te lees

Uitreik Kaapstad 2016

 

 

News Nuggets Cape Town – 3rd Term

The 3rd quarter newsletter shares the value of cooperation. At HEY! we learn every day how by not always trying to succeed by yourself but by building relations and approach other (including other non-profit organizations) much more and better can be accomplished. In life where everyone mostly just worry about him- or herself and their success and growth, this way of doing things is not the norm, but why not? Jesus gave us the perfect example of giving unconditionally, without expecting something in return and He is doing it mercifully still today! We are encouraged by the quarter gone by’s “connection” events and share them with a joyful heart.

 

Apart from these events which are shared in the newsletter normal operations continue in full swing and our Bible classes to Grade RR to 7 are going from strength to strength! The testimonies of children who make a choice for Jesus and continued positive stories of spiritual growth in children are very encouraging and we honour God for that!

Thanks for your support either input, hard work, financial contributions, prayers and love! We really appreciate it.

We would like to pray this prayer by Arthur Burk as a blessing over you :

“I bless you with divine discontent, that you will always hunger and thirst for new joys, new levels where your Father can reveal  His joy to you.  I bless you with joy beyond any joy you have ever experienced. I bless you to own your birth right fully for yourself, never  to be content with a few drops of joy, but to always want more, just to want the very best that God has for you ”

To read more please follow the link

3rd-term-2016-cape-town

Brokkies Nuus Kaapstad – 3de kwartaal

 

Die 3de kwartaal nuusbrief deel die waarde van samewerking. By HEY! leer ons daagliks hoe deur nie net op jou eie te probeer regkom nie maar verhoudinge te bou en ander (ook ander nie-wins organisasies) te nader soveel meer en beter vermag kan word. In die lewe waar elkeen meesal net oor hom- of haarself en hul sukses en groei bekommer is, is hierdie manier van doen nie die norm nie, maar waarom nie? Jesus het ons tog die perfekte voorbeeld gegee en onvoorwaardelik gegee sonder om terug te vra en doen dit genadiglik steeds vandag!Ons is bemoedig deur die kwartaal wat verby is se “konneksie” gebeure en deel dit graag.

 

Buiten hierdie gebeure wat in nuusbrief gedeel word  is die normale bedrywighede steeds volstoom aan die gang en ons Bybelklasse aan gr RR tot 7 gaan van krag tot krag! Die getuienisse van kinders wie ‘n keuse vir Jesus maak en ook voortdurende positiewe verhale van geestelike groei by kinders is baie bemoedigend en ons eer God daarvoor!

Dankie vir jou ondersteuning hetsy insette, harde werk, finansiële bydraes, gebede  en liefde! Ons waardeer dit opreg.

Ons bid graag hierdie vreugde seëngebed deur Arthur Burk uit “ Seën jou gees” oor jou:

“Ek seën jou met goddelike ontevredenheid, dat jy altyd sal honger en dors na nuwe vreugdes, nuwe vlakke waar jou Vader Sy vreugde aan jou openbaar.  Ek seën jou met vreugde ver bo enige vreugde wat jy ooit ervaar het. Ek seën jou om jou geboortereg ten volle vir jouself toe te eien, om nooit met ‘n paar druppeltjies vreugde tevrede te wees nie, maar om altyd meer te wil hê, om net die heel beste wat God vir jou het te wil hê”

Om meer te lees volg die skakel

 

3de-kwartaal-2016-kaapstad

 

Brokkies Nuus Gauteng – 3de Kwartaal

Dit was voorwaar ‘n woelige kwartaal in Gauteng met sy eie uitdagings en verwikkelinge.

Ons is God voorwaar dankbaar vir elke vrywilliger wat ons help om die Woord van God op sulke oulike vars maniere uit te dra aan die kinders.

Volg die skakels om die onderskeie nuusbriewe te lees

 

3de-kwartaal-2016-brenties-gr-r

 

 

 

 

 

 

 

 

3de-kwartaal-2016-brenties-gr-1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3de-kwartaal-2016-ora

 

Brokkies Nuus – Kaapstad – 2de Kwartaal

DIE VOLLE “HEY!” PRENTJIE: HEY! bedien tans 3 291 kinders in 115 verskillende klasse en 86 vrywilligers is betrokke by Bybelklas aanbiedings in Wes-Kaap en Gauteng. Aan God die eer hiervoor!

 Plekke waar ons betrokke is, is Brentwoodpark en Oos Rand akademie in Gauteng enlaerskole:  Lochnerhof, Beaumont, De Hoop, Danie Ackermann, Somerset-Wes, Hope & Light, Lawrenciaasook Rustenhofplaas, Croydon, Bonnytoun en Soteria.  Bybellesse word noukeurig gekies vir spesifieke ouderdom.  Ons is dankbaar teenoor bedieninge soos EEIII en ook Mailbox club wie HEY! help om gepaste Bybel kurrikulums te kry.

Dankie vir jou volgehoue ondersteuning. Jy is deel van God se Koningkryksuitbreiding!

Ons seëngebed vir jou is Spreuke 2 vir wysheid en insig. Die Bybel leer ons dat wysheid begin met die dien van die Here!

Proverbs 2 “Tune your ears to wisdom,    and concentrate on understanding.Cry out for insight, and ask for understanding.Search for them as you would for silver; seek them like hidden treasures.Then you will understand what it means to fear the Lord, and you will gain knowledge of God. For the Lord grants wisdom! From his mouth come knowledge and understanding.He grants a treasure of common sense to the honest. He is a shield to those who walk with integrity.He guards the paths of the just and protects those who are faithful to him.Then you will understand what is right, just, and fair, and you will find the right way to go. 10 For wisdom will enter your heart, and knowledge will fill you with joy.11 Wise choices will watch over you. Understanding will keep you safe.

Volg die skakel om meer te lees

2de kwartaal 2016

Brokkies Nuus – Gauteng – 1ste Kwartaal

Die begin van ‘n nuwe jaar gaan altyd gepaard met vele emosies en terugslae, maar ook soveel om na uit te sien.  Dit was vir ons in die Gauteng tak moeilik om afskeid te neem van uitstekende vrywilligers, maar ook verblydend om nuwe vrywilligers te verwelkom by ons.  Die deure in Brentwoodpark Laerskool en Oos Rand Akademie het vir ons oop gebly vir die nuwe jaar en ons is bevoorreg om ‘n paar nuwe klasse te kan aanbied die jaar.

 

Ons wil net van die geleentheid gebruik maak om elke vrywilliger en gebedsvennoot baie dankie sê vir elke klas wat jy aanbied, hulpmiddels wat jy help maak, gebede wat jy bid vir elke kind asook elke onderwyser waarmee ons te doen kry.  God werk in ons skole en ons is dankbaar vir elkeen van julle wat ons so getrou ondersteun.

 

2016 1ste kwartaal Gauteng1

 

 

 

 

Volg die skakel om verder te lees

 

2016 1ste kwartaal Gauteng

 

 

 

 

Volg die skakel om verder te lees

2016 1ste kwartaal ORA

 

 

 

Volg die skakel om verder te lees

 

Brokkies Nuus – Kaapstad – 1ste Kwartaal

Die eerste kwartaal in skole bediening voel altyd so sukkel-sukkel om op dreef te kom met skole wat roosters moet finaliseer, atletiek en ander aktiwiteite wat afgehandel en uitgesorteer moet word en vele meer. Dan is daar natuurlik die onsekere element van wie sal kan aangaan as Bybelklas aanbieder en wie nie, opleiding moet geskeduleer word vir nuwe vrywilligers en dan moet weeklikse beplanning gedoen en deurgegee word aan vrywilligers.

 

Van die lekkerste dele is natuurlik die bymekaarkom voor klasse afskop en saam koffie en klets en mekaar leer ken!

Die kwartaal was nie sonder uitdagings nie maar in alles kon ons getuig dat God deurgebreek het vir ons – Hy is so getrou.

 

Dankie vir jou ondersteuning hetsy deur middel van gebed, klas aanbied, admin, finansiële bydraes of sommer net omgee en daar wees vir ons. Dit word opreg waardeer!

 

Ons gee graag Sefanja 3:17 vir jou as seënbede:

“Die Here jou God is by jou,

Hy, die krygsman wat red.

Hy is vol vreugde oor jou,

Hy is stil-tevrede in Sy liefde.”

Hy jubel en juig oor jou”

1ste kwartaal 2016 Kpst

Volg die skakel om verder te lees 

::HEY! Heldberg Natuur reservaat uitreik 2015::

Hier is die nuusbrief van Dinsdag se uitreik. Dit was weereens ‘n baie spesiale dag en almal het dit baie geniet. Die weer was perfek en ons was bly dat Narrie en Katinks (‘n snaakse hanswors en haar maatjie wie albei baie lief is vir Jesus) kom kuier het.

 

Ons waardeer Beaumont asook die ouers se ondersteuning geweldig baie! Dit is baie spesiaal om te sien hoe lekker die Beaumont maats hulle ontferm het oor die kleutertjies wie oor die algemeen uit minder gegoede omstandighede kom. Die vrug van die Gees soos in Galasiërs 5:22 was sigbaar die dag en die ouers kan trots wees op jul kinders, hulle is sterre!

 

Geniet die vakansie en rus lekker uit.

Volg die skakel om verder te lees

Uitreik Kaapstad

 
css.php