Archive for April, 2011

 

Hey prospectus

DOWNLOAD OUR PROSPECTUS HERE

web_thumb

 

Lawrencia Laerskool

‘n Groot gebeurtenis het hom hierdie week afgespeel in die skool.  Daar is soos elke jaar prefekte aangewys.  Maar danksy getroue ondersteuners van buite kon ons hierdie geleentheid ook net ‘n bietjie meer spesiaal maak.  Ons kon vir elke prefek hierdie jaar ‘n pragtige balkie aankoop met hul skool se wapen daarop.  Maar die hoogtepunt was toe daar vir hierdie jaar ‘n hoofmeisie en hoofseun aangewys is.  Dit was vir hierdie skool ‘n eerste keer.  Hulle het ook dus elkeen ‘n spesiale balkie gekry waarop dit aangedui word.  Ons het net besef dat hierdie kinders beloning moet kry vir hulle goeie gedrag, verbetering in akademiese prestasie en vele meer. 

Vir die res van die skoolkinders was dit ‘n uitdaging om regtig te probeer om net sy beste te wees in die skool.  Hulle kon leer dat leierskap ‘n fantastiese eienskap kan wees as jy dit reg aanwend.  Ons is so trots op hierdie kinders!  Hierdie skool is werklik oppad na nuwe hoogtes en ons sien uit daarna om hierdie pad saam met hulle te stap.

Nogmaals dankie aan ons getroue donateurs!!

Hoofseun en Skoolhoof – Juf Peters

Hoofmeisie en Skoolhoof

Al die nuwe Prefekte en hul onderwysers

Dankbaar!

Watter groot voorreg was dit nie vir my om danksy Mergon Foundation se borg wat ons gekry het ‘n splinternuwe Laptop aan Vanessa Hansen wat vir ons al die klasse in Lawrencia Laerskool waarneem te kon oorhandig nie.  Ons het besluit dat dit noodsaaklik is om haar toe te rus en sodoende haar wonderlike werk daar te kan uitbrei.  Haar gesig toe sy besef wat besig was om te gebeur was onbeskryflik.  Sy kon nie glo dat so iets met haar kon gebeur nie.  Dankie!

Ons is ook baie dankbaar vir die nuwe Projektor wat ons kon aankoop om die bediening op die pad meer suksesvol te kan behartig.  Ons moet baie aanbiedings doen aan groot groepe terwyl ek die langpad neem, asook film vertonings tydens kampe ens.  Ons kan nou die Here se werk met soveel meer hulpmiddele verrig.  Dankie dit maak ons werk regtig makliker!  Ons glo dat God in beheer is en kyk net hoe fantasties sorg Hy vir ons!

New H4K Volunteers

Thank you to all for joining us during the H4K workshop last week.  Yes it was a full and difficult week.  The devil really tried his utmost but God proved to us Who is in control.

We had a stunning workshop!  Thanks for your participation and please give God the change to continue working in your life. 

Although we started of on Friday with an accident – God was faithful.  Thanks Lisa for helping out!  I believe that God send you over my path in that hour.  I just know that from now on I will definately look diferently at a toothpick.  I am still battling with my foot but I just thank God that it wasn’t too serious.

Well done Ayanda, Elzette, Claudia, Matthew, Dorian, Carole & Lisa!

Vakansie Bybelskole – April vakansie

Dit was Belinda en Ds Chris Bester se voorreg om tydens hierdie April skoolvakansie 2 Bybelskole te kon aanbied.  Hierdie kinders het dit waarlik geniet om meer van die Here te leer.

Hierdie kinders het so diep in my hart ingekruip.  28 Maats by die Sir Louries Pas Village waar ek vir die week was het hul harte vir Jesus gegee.  Hulle het nie ‘n goeie ondersteunings sisteem soos ek en jy nie.  Daarom doen ek ‘n beroep op jou om daagliks vir hierdie kinders te bid dat hul staande sal bly.

Ek en Werner het regtig in hierdie tyd net weereens besef hoe bevoorreg ons is in alles wat ons het.  Moet nooit ophou dankie se vir die Koning Jesus vir dit wat jy het nie.  Daar is mense wat werklik swaar kry en nie daaroor kla nie.

Om meer te lees volg die skakel

 
css.php