Archive for November, 2010
Brokkies Nuus 26 November 2010
Al die Hey! lede en persone betrokke as konsultante en aanbieders het op Maandag 22 Nov bymekaar gekom om heerlik saam ontbyt te eet en mekaar beter te leer ken.Ons is voorwaar bevoorreg met so ’n gedugte span agter ons! Dankie julle!!!
Volg die link om verder te volg wat gebeur het die maand.
Hey! Morning workshop & breakfast Invitation – 18 Januarie 2011
Hey! invites you to a morning workshop and breakfast where two of SA’s renowned speakers will share their expertise! Pieter van Jaarsveld will talk on emotional intelligence and the impact on your health, relationships and success in the business. Niël Steinmann will share how to sustain your business through effective mentoring relationships. Please join us!
Please find attached invitation on page 1 and information on the guest speakers on page 2
Baie dankie vir 50 Bybels
Hierdie briefie is om baie dankie te sê vir jul bydrae om die Woord van God te gee aan kinders wie nie self ‘n Bybel gehad het nie!
Volg die volgende link om verder te lees.
Brokkies Nuus 15 November 2010
Ons kyk terug na die laaste 3 maande en is verwonderd en dankbaar oor hoe goed die Here vir Hey! was en….
Volg die volgende link om verder te lees.
EE3 Konferensie
Wat ‘n voorreg was dit nie om hierdie groot jaarlikse geleentheid te kon bywoon nie. Ons het op 15 November begin by die Lofdal Kampterrein net buite Pretoria. Heerlik om al die mede kollegas te ontmoet van verskeie buurstate soos Botswana, Mpumalanga, Swaziland, Namibia, ens.
Maandag het Ds Nico begin met ‘n kosbare gedeelte uit Matt. 8:18-27. Hy het ons so bemoedig deur ons daarop te wys dat al was Jesus moeg en wou gaan rus, het Hy, toe die skare opdaag voort gegaan en hulle bedien. Ons moet in die boot wees saam met Jesus. “You can’t experience God if you’re not in the boat.” En hoe waar is dit nie.
Die res van die dag het ons verslag gelewer oor wat in ons omgewings en bedienings gebeur het in 2010. Ek kon soveel leer deur te hoor wat in alle streke van Suider Afrika aan die gebeur is.
Dinsdag 16 November het Past Johannes Lata met ons gepraat oor die vermeerdering van die broodjies en die vissies. Hy het dit deurgetrek na hoe God vir almal daar gesorg het. Maar kyk net waarmee het die dissipels opgeeindig – elkeen nog ‘n mandjie vol kos! Ons moet God nooit betwyfel nie. Hy sal vir ons sorg as ons Sy wil doen.
Daarna het ons begin met die beplanning van 2011 en moes elkeen van ons ook ‘n finansiele begroting vir die jaar opstel. Ons moet leer om God te vertrou vir ons uitgawes. Ons het ook alle nuwe administrasie rondom Hoop vir Kinder klinieke afgehandel en getuienisse met mekaar gedeel. Dinsdagaand het ons almal die DVD “The God Man” gekyk en gepraat oor hoe ons dit kan gaan implimenteer.
Een spesifieke getuienis wat my bygebly het: Mama Lina van Umtata het haar hart aan die Here gegee. Sy kon nie lees of skryf nie. Sy het een begeerte gehad en dit was om die Woord van God te kon lees. Sy het Sondag na Sondag in die kerk gesit en alles ingedrink wat sy gehoor het. Sy het begin bid dat God dit vir haar sou moontlik maak om op hierdie rype ouderdom van haar te kan leer om te lees sodat sy die Bybel kan begin lees. Sy het een nag ‘n droom gehad dat die Heilige Gees haar kom leer om te lees. Toe sy die volgende oggend in die kerk kom vra sy die dominee of sy asb die skrifgedeelte kan lees. Hy was baie skepties omdat hy geweet het sy kan nie lees nie, maar het toegegee aan haar versoek. Mama Lina het opgestaan en die skrifgedeelte vlot begin lees. Die wonderlikste deel van die storie? Mama Lina kan net uit die Bybel lees! Hulle het al vele ander boeke voor haar gehou en haar probeer kry om te lees, maar sy kan net die Woord van God lees! God het haar gebed beantwoord.
Woensdagoggend het Dennis met ons gepraat uit Fil 3:12-16. Ons moet voluit gaan vir die wenpaal. Hou jou oe gevestig op God en Hy sal jou beloon aan die einde van die wedloop.
En ai die tye wat ons gehad het om saam te bid gedurende hierdie 3 dae was net fantasties. Om saam met ons broeders en susters van verskillende denominasies te kon stil word en mekaar aan die Here te kom opdra was ‘n belewenis wat mens nie kan oorvertel nie. En dan praat ons nie eers van die lekker sing nie! Ai dit was so geseend! Kan nie wag vir volgende jaar om almal weer te sien en te hoor hoe God hul bedienings in 2011 geseen het nie.
Ja ek weet, almal wil seker weet hoe ons geeet het! Ha-ha-ha – dit bly mos maar altyd ‘n hoogtepunt. Ons het lekker eg Afrika geeet. Braaivleis, stywepap en shibo! Heerlik! Sophie en Anna was uitstekend in die kombuis en moenie van Chris vergeet wat die vleis moes braai nie. Uitstekend! Ek dink ons het almal so ‘n paar kilo’s opgetel wat werklik die moeite werd was. Dankie ons het werklik lekker geeet!
Dankie aan die EE span wat so ‘n wonderlike konferensie gereel het!
Gebedsbrief 1
1. Lofprysing
Jude 1:24 – “To the one only God, our Saviour through Jesus Christ our Lord, be glory, majesty, might and dominion, and power and authority, before all time and now and forever”
Gee aan God al die eer vir:
* die enigste lewende God
* vir ons verlossing deur Jesus Christus
* verklaar “Jesus Christ is Lord” (Rom 10:9) – Hiermee verklaar ons dat ons geen reg meer het oor ons eie lewe het nie maar nou behoort aan Jesus Christus.
* verklaar dat alle glorie, majesteit,
* mag en domein (dit wat aan God behoort), krag en outoriteit aan God alleen behoort
* dat God bestaan, voor tyd gevestig is op die eerste dag van die skepping, nou en vir ewig
2. Sondebelydenis
Jude 1:20 – “praying in the Holy Spirit”
* Bely voor God dat ons baie keer die leiding van die Heilige Gees vergeet as ons tot God nader in gebed
* Vra God vir die Heilige Gees se leiding tydens hierdie gebed sessie. Vra vir ‘n sensitiewe gees om te hoor as die Heilige Gees tot jou praat
* Ook vir onderskeiding tussen jou eie gees en die Heilige Gees se stem
3. Gebedsversoeke
* Onderrig van die Woord van God.
* 2 Kron 17 :7 – “In die derde jaar van sy (Josafat) se bewind het Josafat sy amptenare gestuur om in al die dorpe van Juda te onderrig.”
* 2 Kron 17:10 – “Vrees vir die Here het oor die omliggende koninkryke gekom sodat nie een van hulle oorlog teen Josafat verklaar het nie.”
* Josafat het die geestelike toestand van Juda raakgesien en is die eerste koning wat besluit dat die volk onderrig moet word in die Wet van God. Die gevolg van hierdie aksie, deur Josafat, is dat die vyande van Juda die teenwoordigheid van God in Juda ervaar het en ‘n vrees oor hulle gekom het. God seën Juda met vrede(geen oorloë) en voorsieningheid( vers 13 – baie voorrade)
Bid vir Hey! die volgende
* dat God die grondgebied sal vergroot vir die onderrig van Sy Woord – die hele Juda
* dat God vir Hey! en die skole/instansies waar die Woord verkondig word, sal kom seën met vrede en voorsienigheid
* Vra God om die persone wat hierdie onderrig moet doen by name te roep (vers 7 – by name het Josafat 16 mense – priesters en Liviete uitgestuur.
4. Danksegging
Heb. 10:23 “Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.”
Dank God vir sy getrouheid – dat ons aan elkeen van sy beloftes kan vashou.
Thank you! – Bibles
We had the honor to see God working while just doing what He asked us to do. A lot of kids gave their lives to Jesus. For us this was a huge honor to help these kids making this life changing decision. Most of these young people are coming from squatter camps, rural areas, farms, etc. Most of them can barely afford school fees. This was a big challenge for us. We all know that one of the steps in growing spiritually is to read the Bible. The majority of these kids didn’t have Bibles and couldn’t afford to buy one.
But thanks to all our sponsors we managed to buy Bibles and handed them out to these kids. I wish you could have been there to see the faces when they received their own Special Present!! That’s why I am adding a few pictures of kids who received their Bibles in Lawrencia, Slot & Somerset West Primary Schools.
Please pray with us that these children will continue reading their Bibles. Also that they will be able to hear God’s voice through His Word.
Slot Primary School – Paarl
Lawrencia Park Primary School – De Novo
Somerset West Primary School
Bybelse Inspirasie – Oktober 2010
Ry vandag saam met my deur die Weskus Nasionle Park gedurende die blommeseisoen! Eers word ons begroet deur ‘n kleuretapyt van die mooiste veldblomme. Dan sien ons die wye Atlantiese oseaan aan die een kant en aan die linkerkant die turkoois Langebaan meer, die speelgrond van flaminke en pelikane! Ons ry na ‘n uitkykpunt en sien ’n interessante wit vissershuisie. Van nader beskou kom ons agter dat dit bo-op ’n soliede groot rots gebou is!
Die inspirasie vir die maand kom van dié wit huisie en die Bybelse verhaal in Matteus 7:24-27: “elkeen wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel kan vergelyk word met ’n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens wandel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stort reën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”
Die huisie met het my diep laat dink en dis my vraag :
1. Is jou huis op rots gebou of op sand? Die dwaas in die verhaal se lewe tuimel soos ‘n kaartehuis inmekaar asof op sand gebou. Mens sal mos nie doelbewus jou lewe op wankelrige fondamente bou nie? Soms dink mens net nie behoorlik na oor wat jou doel in die lewe is nie. Baie mense is oppad na ondergang as gevolg van onverskilligheid. Hulle hoor wat God sê maar is nie bereid om dit te doen nie.
2.Hoe kan ons gehoorsaam wees en so ons huis op rots bou ?
a) Hebreërs 11:6 “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon” Dit beteken dat jy Sy bestaan erken maar meer as dit, dat jy ‘n persoonlike verhouding met God sal hê. Hy beloon jou met Sy teenwoordigheid.
b) Hebreërs 5:8 “Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.” Ter wille van ons was Jesus gehoorsaam al het dit tot Sy kruisdood gelei. Deur Sy Gees stel Hy jou in staat om gehoorsaam te wees, jy hoef nie alleen te probeer om jou huis op rots te bou nie!
Ek haal graag aan uit Sylvia Gunter en Arthur Burk se boek “Seën jou gees…” lees rustig en biddend deur die seëngebed oor die bewustheid van jou lewensdoel:
“Ek seën jou met die verwesenliking van die roeping van God op jou lewe om Sy wil ten volle uit te leef. Ek seën jou met jou Vader se volmaakte tydsberekening vir jou lewe, om nie oorhaastig of traag te wees nie, maar om Sy wil te ken en Sy wil op die regte tyd, die regte plek, die regte manier en met die regte mense aan jou sy te doen. Jou Vader sal jou seën met die regte toe deure, want die vyand sal probeer om jou dinge te laat doen waarvoor God jou nie gemaak het nie-goeie dinge, winsgewende dinge, wettige dinge, eerbare dinge maar dinge waarvoor jou Vader jou nie bestem het nie.Jou Vader sal jou seën met geopende deure om op Sy bepaalde tyd op jou roepingspad te vorder dat jy die vreugde van vervulling kan ervaar omdat jy op die regte tyd op die regte plek alles is wat Hy jou geroep het om te wees”
Ervaar die vreugde om jou skeppingsdoel uit te leef!
Hope for Kids Workshop – Retreat
Where: VGK, Retreat
When: 19 – 24 November 2010
Times: Friday, Monday, Tuesday & Wednesday Evenings – 18:00 – 21:00
Saturday – 08:00 – 16:00 & Sunday – 12:00 – 16:00
Cost: R100 per person
Who needs to attend: Parents, Sundayschool Teachers, Pastors, School Teachers, Youth Leaders, etc
Contact: Belinda Bothma – 073 835 5084











