Archive for June, 2014

 

Brokkies nuus – Mei 2014

Ek is baie opgewonde oor die nuwe inisiatief HEY!PRAY! wat in Mei van die grond af gekom het! Daar is soveel bekende verse in die Bybel waar ons lees van gebed en Jesus het self gesê: “My huis moet ‘n huis van gebed wees..” (Lukas 19:46)

As ek hierdie lees weet ek die nuwe been is so ontsettend belangrik :

“Die gebed van n gelowige het n kragtige uitwerking” Jakobus 5:16

“En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets

volgens sy wil vra.” 1 Johannes 5: 14

Indien jy nog betrokke wil raak hierby kontak  gerus vir

Linda van den Berg (082 372 8793) lindafeet@gmail.com of vir my.

Volg die skakel om verder te lees

brokkies_may14

Brokkies nuus – April 2014

Hier is April se Brokkies Nuus. Die rede waarom jy hierdie nuusbrief ontvang is omdat jy in HEY! se lewe betrokkke is hetsy as vrywilliger, gebedsvriend, donateur, vriend of familie. Sommer diep uit ons harte dankie vir jou aandeel – ons waardeer dit opreg!

HEY! is in die proses om ‘n gebedsbeen op te rig wat spesifiek sal instaan vir die Bybelklas aanbieders en kinders by plekke waar ons bedien. As jy enigsins hierby wil betrokke raak laat weet gerus.

Tydens die week van 18 tot 25 Mei gaan die Helderbergkom in samewerking met Jerigo Mure intree vir herlewing en baie skole het reeds ingestem om deel te wees van hierdie gebedsweek. Om sommer ‘n paar te noem: Lochnerhof, Beaumont, De Hoop, Danie Ackermann, Strand h/s, Paarl Vallei h/s. Ons gaan beslis mense nodig kry om te help bid by die “boiler rooms” wat opgerig gaan word hier. Dalk wil jy kom bid?

Col 4:2  “Be earnest and unwearied and steadfast in your prayer [life], being [both] alert and intent in [your praying] with thanksgiving” is verseker ‘n oproep tot gebed sonder om moeg of moedeloos te raak!

Ons is ook op Facebook 

Gaan “like” ons gerus!

Volg die skakel om verder te lees

brokkies_april14

 
css.php