Archive for the ‘On the Road’ Category

 

Hoop vir Kinders Opleiding – Betshan Teologiese Seminarie

‘n Nuusbrief is te kort om altyd alle informasie in te sit.  Hier volg ‘n paar getuienisse en foto’s van my tydjie saam met die studente in Pretoria

Getuienisse:

Wat hierdie kursus vir my beteken het.

Ek het weereens besef, wanneer ‘n groot mens tot redding kom, red jy ‘n siel en wanneer ‘n kind tot redding kom, red jy ‘n lewe.  Ons is dankbaar dat daar sulke werkswinkels aangebied word vir die kinders.  As die Here wil, sal ek volgende jaar in ‘n gemeente my bediening begin.  Ek verstaan nou hoe dit werk en sal graag die Kerkraad oortuig om hierdie opleiding vir die Sondagskool personeel aan te bied en natuurlik ook Vakansie Bybelskole.  Ek gaan ‘n punt daarvan maak om my kniee te buig en ‘n kind in die oe te kyk.

Baie dankie vir jul goeie werk

Groete in Jesus

Rassie van Staden

Hierdie kliniek het vir my baie beteken.  Ek was nog altyd lief vir kinders, maar hierdie kliniek het my soveel idees en gereedskap gegee vir die kinderbediening.  Dit is ‘n moet vir elke mens wat lief is vir kinders en met hulle wil werk.  Die Here het net weer vir my kom wys dat ek meer soos ‘n kind moet word en kindertjies vir Jesus wen want ‘n kind se lewe le nog voor.  Hy kan soveel meer mense bereik as ‘n volwasse mens.  Dit is my harsbegeerte om met kindertjies te werk en hulle na Jesus toe te lei.  Ons word uitgeplaas die einde van die jaar in ‘n gemeentlike bediening en waar ek ook al gaan, gaan ek hierdie H4K altyd gebruik en ek wil dit deel maak van my lewe.  Baie dankie vir hierdie spesiale werk wat julle doen vir kinders.  Mag die Here julle seen in alles wat julle doen.

Groete in Jesus

Elbie van Staden

Dit was voorwaar ‘n baie goeie kursus gewees, om net weer opnuut te kan besef daar is tog soveel hulpmiddels om effektief met ‘n kind die Evangelie te kan deel.  Dit het vir my baie beteken om die statistiek te kon sien, onder watter ouderdom die meeste mense tot bekering kom.  Alhoewel ek al die EE3 deurloop het was dit vir my baie besonders om te kon leer hoe ‘n mens dit aan ‘n kind kan oordra

Anoniem

Dit was vir my baie aangenaam om H4K te deurloop saam met Hey!  Ek is ‘n teologiese student en al het ek hoeveel bybelkennis, was dit nog altyd moeilik om die evangelie op ‘n praktiese manier aan ‘n verlore sondaar te deel.  Dit is so ‘n eenvoudige manier wat sistematies verduidelik kan word met goeie voorbeelde.

Vir my het dit net weereens my geloof versterk om te weet dat Christus werklik vir my sonde gesterf het en dat Hy vir my, maar ook vir die hele mensdom hierdie gratis geskenk van die Ewige Lewe wil gee.

Baie dankie Hey! vir hierdie gereedskap wat julle vir my gegee het.  Seen vir julle en mag die Here julle dra van krag tot krag om ‘n verandering te maak in hierdie stukkende wereld.

Danie Klopper

Die kursus het my opnuut weer laat besef die verantwoordelikheid wat ons het met betrekking tot ons jong mense.  Om die evangelie op ‘n eenvoudige manier aan hulle oor te dra en die voorbeeld wat ons vir hulle moet stel.

Ek sal verseker van die kursus gebruik maak en ander aanspoor om ook die kursus te deurloop.

Andries van Niekerk

Dit was wonderlik om ‘n metode te kon leer om Jesus aan kinders te verkondig.

Charl Linde

Dit was lekker om op so ‘n wonderlike wyse op ‘n eenvoudige manier te leer hoe om die Evangelie met ‘n kind te deel.

Dankie

Kuifie

Rusland 2012 Nuusbrief

Dit was nogals moeilik om die tydperk in ‘n 1 bladsy Nuusbrief vas te vang.  Maar met baie geduld het ek dit reg gekry.

Dankie vir almal wat dit moontlik gemaak het!  Hetsy deur gebed, oproepe, SMS’e of finansiele steun.  Dankie aan jou!

Bid solank saam met ons vir volgende jaar.  Ons is terug genooi na Kursk om verdere opleiding te gaan doen en daar is sprake van hulp met ‘n jeugkamp.  Bid dat die Here werklik vir ons hierdie deure sal oopmaak en dit finansieel moontlik sal maak.

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

Zambia Uitreik Nuusbrief

Eerstens wil ons net aan God al die eer gee vir die voorreg wat Hy ons gegee het om Sy werk te kan gaan doen in Zambia. 

Dit was sowaar vir ons ‘n voorreg.

Ons wil dan ook graag aan almal wat ons ondersteun het dankie se!  Elke sent wat jy gegee het om iemand op die span te borg, elke gebed wat jy gebid het, elke item wat jy geborg het, selfs die regstaan met vervoer, daar is so baie….  DANKIE!!!

PDD, Strand Omgeegroep, Ben Marais, Dr P van Jaarsveld, Andre & Yolande Gouws, EG Kerk Benoni Gemeente, Magda en Andre Gouws, Ouma Joey, Martin, Chris Bester, Oom Rocci, Ouma Soetie, Rialize

Paarl TV (Natalie De Kandia), Arch Bar Noorder Paarl (Freddie Siebrets), Jan Labuschagne, Oupa Freddie Hennig, Oupa Hannes Steyn

Jan & Winita Mostert, Tygerberg Pools, Pools for Africa (Derek & Tracy Teppler)

Spesiale dankie aan die ouers en wederhelftes:  Sharon en Andrea Hennig, Abe en Corne Spies, Jan & Mari White, Dirk & Werner Bothma

Ek hoop nie ek het iemand uitgelos nie.  Daar was so baie wat direk en indirek betrokke was – BAIE, BAIE DANKIE!!!

Gaan lees ook die span se getuienisse onder die “Testimonies” afdeling.

Nou uiteindelik kan jy gaan lees wat ons alles in Chingola gemaak het.  Volg die skakels om verder te lees!

Afrikaanse Nuusbrief

Engelse Nuusbrief

Ons is ook beskikbaar om te kom getuig in jou skool of kerk.  Kontak my gerus.

 

H4K Training in Simondium

What a stunning training this was!

They where 11 students.  3 Young men from the Simondium township and 8 Ministry people from Korea working in Simondium.  I immediately felt loved and accepted when started with this training.  God really work with everyone doing this H4K training.

Sonday I had the privelage to share the Gospel in the form of a Children Sermon in the little church on the Farm.  There was plenty kids and a few adults.  I shared with them the story of the Upside Town People.  I encouraged them to take of the belt of sin and invite Jesus into their hearts.  We were all blessed with this sermon.  Afterwards the kids where all treated with a cup of tea and a sandwich.

During the OJT that afternoon we invited some of the bigger kids over to join us for a little celebration, singing and chatting.  There where about 29 kids present.  As you can imagine the language barrier between the people of Korea and this Afrikaans speaking farm kids.  But nether the less the message came across.  A few kids gave their hearts to God that day.  He is such an Awesome God!

Here’s a few pictures to share with you!

H4K Opleiding in Zoar

Ja daar bestaan werklik so ‘n plekkie!  Jy ry deur Worcester, Robertson, Ashton, Montagu, Barrydale en dan Ladismith …. en “whala” Zoar!

Wat ‘n aangename verrassing.  Hierdie plekkie het totaal en al in my hart ingekruip.  Ek kan nie wag vir die volgende geleentheid om terug te gaan en verder onder die kinders en sy mense te gaan werk nie.  Dit is heerlik om daar tussen die berge die Evangelie aan mense te deel.  Hier kry jy egtheid (as daar so ‘n woord is) en opregte menslikheid.

Volg die skakel om verder te lees

Chingola, Zambia Outreach

28 September – 10 October 2011

This will be our first HUGE Outreach out of SA!  Are you excited?  Well we are!  All of this happened in such a short time but with specific instructions from God.  If you want te be part of this outreach you need to get the ball rolling!

RADIO TYGERBERG SPECIAL!

Normal price from Cape Town – Chingola – R4500-00

BUT

book and pay before 20 August and pay ONLY R3200!!!

Normal price from Johannesburg – Chingola – R4000-00

BUT

book and pay before 20 August and pay ONLY R2200!!!

For more info click on the following link

For registration & indemnity form click here

For any donations to sponsor youth without the funds please click here

Worcester Uitreik – fotos

Hier is nog ‘n paar foto’s vir jou om te sien hoe die kinders (groot en klein) dit geniet het die week!

Nuusbrief Worcester Uitreik

Dit was soos ‘n vroee Kersgeskenk wat ek ontvang het om hierdie Uitreik te kon doen.  Die Here is werklik groot en ek kan nie ophou om Sy Hand in alles te sien nie!

Kliek hier om verder te lees en fotos te sien.

 

Worcester Uitreik

27 Junie – 1 Julie 2011

In samewerking met Lifestyle Christian Ministries gaan ons ‘n uitreik hou in Avian Park, Worcester.  Daar gaan in die oggende ‘n Bybelskool aangebied word vir die laerskool kinders waar ons lekker met hulle gaan speel, sing en die geleentheid gaan kry om met hulle die Evangelie te deel.  Ons gaan elke middag so rondom 13:00 afsluit met middagete vir die kinders.

Vanaf so 14:00 gaan ons in spanne die Avain Park gebied betree met kospakkies, klere, komberse, ens.  Ons gaan die geleentheid gebruik om die inwoners van Avian Park se nood ‘n bietjie te verlig.  Dit bied ons dan ook die ideale geleentheid om uit te reik en op ‘n Geestelike nood ook antwoorde te kan gee deur met hulle die Evangelie te deel.

Ons is so opgewonde oor hierdie uitreik, maar ons kort nog baie voorrade.  Indien jy op enige manier betrokke kan raak en kan help hiermee sal ons dit baie waardeer.

Ons program vir die week gaan min of meer soos volg verloop:

08:00 – 13:00 – Hoop vir Kinders Bybelskool (Laerskool kinders)

13:00 – 14:00 – Middagete aan hierdie kinders

14:00 – 16:00 – Uitreik onder die gemeenskap en die uitdeel van kos en klere

18:00 – 21:00 – Hoop vir kinders Leierskap Werkswinkel

Die Hoop vir kinders Leierskap Werkswinkel is oop vir alle onderwysers, sondagskool personeel, ouers, groot ouers, predikante, ens.  Indien jy ‘n passie het vir kinders en vir God en die Evangelie is jy meer as welkom.

Hierdie werkswinkel se kostes beloop R100 per persoon vir die week.

Jy is meer as welkom!

Indien jy finansieel ‘n bydrae wil maak, kan jy dit direk in HEY se bankrekening in deponeer met verwysing Worcester Uitreik.  Dit sal dan reg gekanaliseer word en slegs daarvoor gebruik word.

Indien jy enige voorrade het om te skenk kan jy direk met ons kontak om dit te kom afhaal by jou.  Ons sal dit baie waardeer!

Vir enige ander navrae kontak Lifestyle Christian Ministries

Tobias – 083 7488 410

Op die pad – 21 April – 16 Mei 2011

Ja dit was ‘n lang reis.  Maar dit was heerlik.  Ek kon my familie te siene kry in die ver Gauteng terwyl ek daar werksaam was.

Lees verder oor wat ons daar gemaak het!

Nuusbrief

 
css.php