Archive for June, 2012
Brokkies Nuus – Junie 2012
Hier is Junie maand se Brokkies Nuus. Hoewel dit eksamen maand was, was daar steeds BAIE nuus, nuwe gebeure en kwartaaleinde partytjies.
Wat dalk uitstaan na 6 maande van 2012 is dat ons ons naam “Hope Explosion” moet gestand doen en 1 Korintiërs 10:31 moet uitleef: “of julle eet en of julle drink of wat julle ookal doen, doen alles tot eer van God”
Bid daarom dat al die aanbieders en lede van Hey! hierdie sal waar maak in hul eie lewens maar veral waar met die kosbare jongmense gewerk word. Dit kan slegs gebeur met God se genade en onder die leiding van die Heilige Gees.
Nuwe gebedsversoeke :
1.Ds Chris Bester en Belinda Bothma gaan met EEIII SA na Rusland van 5 – 24 Julie. Hulle gaan daar opleiding bied aan gemeentes en uitreik.
2.Firgrove Primêr : Die skool begin op 18 Julie met Hoop vir Kinders tydens pouse en ons gaan hulle help om die klasse aan die gang te kry. Alle hulpmiddels is reeds gemaak en almal is baie opgewonde oor hierdie nuwe oop deur!
Geniet die wintervakansie en ontspan lekker voor die kaggel.
Om verder te lees volg die skakel
Brokkies Nuus Mei 2012
Goeiedag!
Hier is die Brokkies Nuus van die afgelope maand.
Ek wens daar was meer plek vir foto’s van al die wonderlike kinders wie ons weekliks bedien maar een A4 is net te min! Daar is 3 foto’s van die groepleiers en vrywilligers wie basies die hande en voete is. BAIE DANKIE aan elke persoon wie help op watter manier ookal.
Volg die skakel om meer te lees
Brokkies Nuus April 2012
Die skole het heropen en ons is omtrent volstoom aan die gang.
Volg die skakel om die Nuusbrief te lees

