Archive for August, 2014
Brokkies Nuus Gauteng – Junie 2014
Hierdie was voorwaar vir jou ‘n besige kwartaal. Dit was eksamen skryf, nuwe aanbieders soek en oplei, gebedsweek, afskeid neem van ‘n fantastiese skoolhoof, ag en sommer vele meer.
Maar gelukkig kon ons aanbieders gefokus bly en hierdie kinders met die Evangelie bedien. Sowaar ‘n vrugbare kwartaal gewees. Soveel kinders gee hulle harte vir Jesus! Dit maak die swoeg en sweet die moeite werd.
Dankie aan elkeen betrokke en so ook almal wat gereeld vir ons bid!
Volg die skakel om die Gr 000 -R se nuusbrief te lees
Volg die skakel om die Gr 1 – 4 Nuusbrief te lees!
Brokkies Nuus Kaapstad – Julie 2014
Dis so mooi om die groen te sien uitspruit oral en die veldblomme in al hul glorie te kan geniet! Alles lyk vars en mooi en God het Sy skilderkwas uitgehaal oral rondom ons J
HEY! Sien ook groei, geestelike groei, in die lewens van die kinders waarmee ons werk en dis so bemoedigend. God is so goed!
Ek deel graag die stukkie uit Bob Gass se pen:
“The Psalmist writes, “The steps of a good man are ordered by the Lord, and He delights in his way. Though he fall, he shall not be utterly cast down; for the Lord upholds him with His hand” (Psalm 37: 23-24 NKJV). Observe: (1) God delights in the fact that you’re willing to step out in faith and try. (2) He doesn’t guarantee that you won’t stumble, but that ultimately He won’t let you fail. (3) When you feel like you can’t go on, He will uphold and strengthen you. What more could you ask for? Now, God never changes, but life does. So you must be ready to adapt to unforeseen circumstances.
Mag jy hierdeur bemoedig word!
Volg die skakel om verder te lees!!!
:: HEY! PRAY! :: BERGE
Hier is Linda van den Berg se brief aan almal wie by HEY! betrokke is. Sy is intersessor vir ons almal en staan in die gaping as bidder vir HEY! se span. Saam met haar is daar nog baie wie spesiaal vir sekere van die aanbieders bid. Wat ‘n gerusstelling om haar rustige stem te hoor as daar ‘n krisis of problem opduik. Ek weet sommer dat sy dadelik bid en tyd by die Here spandeer rondom HEY!. Dankie aan jou, Linda!
Dis so lekker om hierdie brief uit haar pen te kry. Die Here praat baie met haar deur die natuur. Ek wie bevoorreg is om terwyl hier tik te kyk na die Hottentots Hollandse berge wat nou grys is na die pragtige pienk as son ondergaan oomblikke gelede moet erken dat ek ook ‘n berg liefhebber is.
Geniet die “brokkie” oor die berge!
Volg die skakel om verder te lees!!
Brokkies Nuus Kaapstad – Junie
Junie was ‘n maand waarin eksamen geskryf was en Bybelklasse gestop was by sommige plekke maar daar het steeds soveel gebeur dat die Brokkies Nuus te min plek het vir al die nuus en foto’s van gebeure. God is regtig so goed vir ons en ek kan net aan Hom die eer gee!
Ek besef net elke dag dat gebed onontbeerlik is in hierdie kinderbediening waarin ons staan. Ek en die sowat 70 persone betrokke in die Kaapse bediening kan hierdie volgende verse ons eie maak en daarna streef:
- John 3:30 Amplified Bible (AMP) “He must increase, but I must decrease. [He must grow more prominent; I must grow less so.]”om op ons eie te probeer om kinders te bedien sal nooit werk nie, ons is net die kanaal waardeur God kan werk.
- en dan moet ons geestelik groei om Sy boodskap suiwer te kan verkondig!“Eph 4:14-15We will no longer be immature like children. We won’t be tossed and blown about by every wind of new teaching. We will not be influenced when people try to trick us with lies so clever they sound like truth. Instead, we will speak the truth in love, growing in every way more and more like Christ” Geestelike groei moet ons prioriteit wees!
Bid asb bg. vir ons!
Volg die skakel om verder te lees






