Archive for December, 2012
Bybelse Inspirasie – Desember 2012
Hier is ‘n Bybelse inspirasie wat jou deur ‘n woud gaan neem! Mag 2013 gevul wees met God se liefde en vrede! Mag jy sommer bederf word deur spesiale momente met jou geliefdes in hierdie laaste deel van 2012. Geniet die laaste stukkie rus voor die jaar weer spoed optel.
Die teksvers wat ek jou toebid vir 2013 is :
John 14:27
Amplified Bible (AMP)
27 Peace I leave with you; My [own] peace I now give and bequeath to you. Not as the world gives do I give to you. Do not let your hearts be troubled, neither let them be afraid. [Stop allowing yourselves to be agitated and disturbed; and do not permit yourselves to be fearful and intimidated and cowardly and unsettled.]
Volg die skakel om meer te lees
Gebedsversoeke vir 2013
Goeiedag!
Hier is die gebedsversoeke soos belowe! Die Here is besig om nuwe deure oop te maak en ons vra gebed daarvoor asb. Asook wysheid vir ELKE persoon betrokke. Ons wil altyd binne God se wil bly en doen wat Hy van ons vra: Ephesians 5:10,16 “And try to learn [in your experience] what is pleasing to the Lord [let your lives be constant proofs of what is most acceptable to Him]. Making the very most of the time [buying up each opportunity], because the days are evil.”AMP
Gauteng Brokkies Nuus – November 2012
Middag almal,
Ja die tyd van die jaar is ons almal maar ongelooflik besig. Dis asof alles wag tot die tyd van die jaar om te gebeur.
Wat Gauteng aan betref, was ons redelik besig. Hierdie laaste kwartaal was vergaderings, bemarking, ens om mense te kry wat bereid is om ons te help volgende jaar in Brentwoodpark Laerskool. En vandag kan ek net die Here loof en prys vir elke nuwe Vrywilliger wat ons pad gekruis het. Ons is baie opgewonde oor hierdie oop deur waar ons Gr R, 1, 2 & 3 gaan bedien met die Evangelie.
Hier is solank gesiggies van ons nuwe span wat nou so pas klaar gemaak het met hul opleiding in H4K. Baie welkom aan elkeen van julle!
Volgende week is dit laaste vergaderings waar ons beplan hoe ons elke klas gaan aanpak en wie saam met wie gaan werk. Dan ook begin ons met die maak van al hierdie kurrikullums se hulpmiddels. Bid asb vir ons vir finansies hiervoor asook die nodige krag en wysheid om dit te kan klaar maak in ‘n tyd waar ons almal baie moeg is nogsteeds net moet aangaan. Bid vir hierdie uitstekende leiers wat saam met my hierdie skool gaan aanpak.
Dan het ons ook die voorreg gehad om by die EG Kerk Benoni die kinderkerk te bedien met H4K. Dit was voorwaar ‘n voorreg. Ons het op 25 November die prysuitdeling gehad en kon ek die kinders beloon wat werklik dit ernstig opgeneem het om die Evangelie te kon aanleer asook te gaan leef.
Annebel Projek het ook afgesluit vir die jaar. Die Senior Meisies van Brandwag was heerlik bederf danksy borge by ‘n uithaal restaurant.
Die Annebel Projek Junior meisies is almal op ‘n plot met ‘n heerlike piekniek bederf. Dankie weereens aan al ons borge hier ook.
Ek moet eerlik wees. Hierdie was ‘n lang, uitputtende jaar vol aanpassings. Maar ons is vol moed en sien uit na die jaar wat voorle. Bid asb getrou vir ons. Hier is nuwe kleuterskole wat ook opleiding soek en wil he dat ons Hey in hul skooltjies moet begin toepas. Bid saam hiervoor aangesien dit ‘n heeltemalle nuwe terrein is wat ons sal moet aanpak.
Liefde en groete aan almal en ‘n Geseende Christusfees word u en u gesin toegebid!
Belinda
Brokkies nuus November 2012
Hier is November se Brokkies nuus. Soos jy sal sien was daar nog dinge aan die gebeur die week en daarom is die brief bietjie later as gewoonlik!
Ek stuur nog later ‘n lysie met gebedsversoeke wat jy kan saamneem op vakansie en rustig be-bid in die stilte van die see of bos of waar jy gaan wees..
Volg die skakel om die nuusbrief te lees.
Uitreik in Somerset Wes – November 2012
Hier is brief oor Dinsadg se uitreik asook heelwat foto’s om te geniet!
Dit was wonderlik en ek wil ‘n reuse dankie sê aan almal wie bygedra het tot die sukses!
Volg die skakel om die nuusbrief te lees
Brokkies Nuus vir Oktober 2012
Hier is die Brokkies Nuus van Oktober. Hey! sal geen van hierdie kan doen sonder mense soos julle nie. Elke donasie, gebed, ondersteuning op watter manier ookal maak dit moontlik om kinders en ook ouers te bereik met die Goeie Nuus van Jesus. Ons waardeer dit soveel!
Met die jaar wat vinnig tot ‘n einde kom dink ek ons kan almal doen met krag (en selfbeheersing J) daarom hierdie bekende vers vir jou: 2 Timoteus 1:7 “want God het ons nie ‘n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” Mag jy nuwe krag kry, onvoorwaardelike liefde uitdeel en selfbeheersing hê wat jouself sal verbaas!
Volg die skakel om die nuusbrief te lees
VBS – Brentwoodpark Laerskool – 2012
Volg die skakel om die nuusbrief te lees







