Archive for March, 2011
Brokkies Nuus – 29 Maart 2011
Belinda het die voorgestelde boodskap gebring oor die vermeerdering van die brode en visse min wetend dat ons “die vermeerdering van die koek” self sou ervaar!
Volg die skakel om meer te lees
Beaumont Laerskool – Gr 4
Hierdie klas het in 2010 suksesvol die KEE program deurloop. Hierdie jaar fokus hulle op die Bybel.
Die kurrikulum wat hulle volg die jaar is Bybel-lees-is-pret! Tydens hierdie week se les het hulle briewe aan God geskryf en binne die balonne geplaas.
Beaumont Laerskool – Gr 3
HEY! WE NEED YOU!
Can CHILDREN really understand the gospel and be enthusiastic to tell other about Jesus Christ?
YES, THEY CAN! But they need us to show them how!
Children have a need to :
- understand the gospel,
- to have a personal relationship with Jesus Christ,
- have the ability and knowledge to share the Gospel with family and friends.
What does the Kids EE program achieve?
- It explains the Gospel in a humorous and adventurous way to the children,
- leads them to a strong knowledge of the saving we have in Jesus Christ
- equips them to share their believes with others.
We are receiving excellent feedback from parents whose children are involved in the Kids EE workshops..
We are looking forward with great expectations to hear from you. We need your help to get these grade 4’s equipped!
Enquiries can be directed to:
Celeste Steinmann from Hey! at 082 322 5299 or celeste@hey.org.za
Please print the following flyer to hand to your friends or anyone you think will be able to help.
Hope 4 Kids Workshop – Somerset West
PLACE: Somerset West (Venue will be confirmed)
DATE: 11, 12, 13 & 15 April 1011
TIME: 07:30 – 13:00 (each day)
COSTS: R100 per persoon
WHO MUST ATTEND: Parents, Sundayschool Teachers, Teachers, Preachers, Pastors, Youth workers, Any person in child ministry, etc.
CONTACT: Belinda Bothma – 073 835 5084 / Celeste Steinmann – 082 322 5299
Click here for the program
Click here for more info in regards to workshop
Gebedsbrief 3 – Maart 2011
1. Lofprysing
Ps. 145:1 – “Ek wil u lof verkondig, my God en my Koning, ek wil u Naam altyd prys. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik”
Ek kom verklaar dat:
– God, Jesus en Heilige Gees die enigste lewende God is
– God my God is, die een wat my beplan het en ‘n plan vir my lewe het
– God koning van die heelal en van my lewe is
– Ek wil sy Naam groot maak , Hom loof en prys vir wie Hy is! (Ps. 145:8-9)
– Genadig en barmhartig
– Lankmoedig en vol liefde
– Goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het
2. Sondebelydenis
Ps. 51:3 – “Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredinge uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde”
– Vra die Heilige Gees om onbelyde sonde uit te wys
– Bely sonde en vra God om uit sy genade my sonde te vergeef
Ps. 51:12 – “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig”
– God reinig my van sonde, skep vir my ‘n rein hart
– Vernuwe my gees en maak my standvastig sodat ek nie weer hierdie sonde sal doen nie, dankie, Pappa Vader
3. Gebed versoeke
Dank God vir die volgende –
a) Die registrasie van Hey as ‘n artikel 21 maatskappy en dit wat daar uit gevolg het, soos die opening van ‘n bankrekening.
b) Vir elke oop deur en nuwe geleentheid in 2011
– Laerskool Beaumont
– Laerskool De Hoop
– Somerset-Wes Primer
– Die Pêrel projek
– Laerskool Lawrencia
– Hebron Christen Skool
c) Vir elke persoon wat help met die bediening – Belinda, Celeste, Vanessa, Ursula, Liz-Mari, Henriette, Michele, Marjorie, Lise en Nicole
d) Vra God om sy planne vir Hey te openbaar, wat Sy wil met die bediening is, hoe die saad gesaai moet word, hoe dit bemes moet word en wanneer om water te gee. Besonderse insig vir die mense wat bedien.
Amos 3:7 – “Surely the Sovereign Lord does nothing without revealing his plan to his servants the prophets.”
e) Beskerming, fisies en geestelik, vir elke persoon betrokke by Hey.
“O Vader, beskerm elke persoon betrokke by Hey van die listige planne van Satan. Stuur U engele om hulle te beskerm waar hulle werksaam is om nuwe grondgebied vir U in te neem. Satan en sy planne is nie aan my onbekend nie en vra ek in die naam van Jesus Christus vir beskerming vir elkeen van die persone wat weekliks help met hierdie bediening.”
4. Seën
Efes. 6:14 “Bly op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak van God as borsharnas, en bereidheid om die evangelie te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê….Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.”
Seën jou, Hey!, om toegerus met God se wapenrusting die geveg te stry. Mag julle deur die genade van God op julle pos bly staan, grondgebied in neem, soos Hy dit beplan. Amen.
Retreat Jeugkamp – 4 – 6 Maart 2011
Uiteindelik die lang beloofte Nuusbrief oor die Jeugkamp.
Ons het die kamp afgeskop op die Vrydagmiddag met 34 jongmense tussen die ouderdomme van 11 en 21. Die kinders het per trein gery vanaf Retreat na Glencair (net voor Simonstad). Hul bagasie is met die kombi tot by die terrein aangery. Hulle moes ‘n paar kilometer stap vanaf die stasie tot by die kamp terrein.
Daar het ons hulle in 4 spanne ingedeel: rooi, blou, geel en groen spanne. Elke span moes ‘n spankreet, naam en bannier maak. Dankie aan PNA Cape Gate vir die skenking van Uitdraaikryte, Filtpenne, potlode, penne, ens.
Indien jy verder wil lees volg die skakel.
Fotos:
Tydens lesing oor God
Span & Speel tyd
Strategie word beplan vir Magic Carpet
Ons is op maar hoe nou?
Versigtig! Moet dit nie breek nie, dit is witgoud!
Suig daai strooitjie anders verloor jy die ertjie!
Een span voer Garcia op.
BYBELSE INSPIRASIE – MAART 2011
Die klank van ‘n kabbelende rivier stem mens mos sommer rustig en laat jou fokus op die mooi van die skepping! ‘n Stappie met die honde by Lourensrivier op ‘n Sondag help om die batterye te herlaai vir die week wat voorlê. As winterreëns die rivier sterk laat vloei is dit groot pret om met ‘n binneband stroomaf te dryf. Om krappe te soek in die rivier is groot pret! Het jy al jou eie rivierklippe uitgesoek wat vir jou mooi is? Riviere is wonderlik vir verskeidenheid redes. Maar het jy al ooit aan die lewe gedink as ‘n rivier?
Volg die skakel om verder te lees.











