Archive for March, 2012
Bybelse Inspirasie – Maart 2012
Hier is Maart se Inspirasie e-pos. ‘n Kombinasie van ‘n foto en ‘n lied inspireer my die maand. Die tema van die brief is “meer van U Jesus!” wat ek seker is ook die begeerte van jou hart is.
Geniet die welverdiende ruskans na ‘n vinnige en propvol eerste paar maande van 2012. Word weer bewus van Jesus se onvoorwaardelike liefde in die Paastyd en mag die kruis en opstanding sentraal staan vir jou!
Volg die skakel om Inspirasie te lees
Brokkies Nuus – Februarie 2012
Hier is die nuutste Brokkies Nuus. Daar is eintlik te veel vir een briefie maar hierdie is ‘n baie kort opsomming van wat gebeur het die laaste ruk!
Ons belofte uit die Woord: Spreuke 14:26 “wie die Here dien, het daarin ‘n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling”
Om verder te lees volg die skakel

