Archive for May, 2011

 

Brokkies Nuus – 20 Mei 2011

Bid asb. saam vir Belinda vir die volgende:

1.Volgende week bied sy Kinder EEIII kliniek in Riebeeck Kasteel aan

2.Sy neem Agter Paarl se Kinder Pinkster die week daarna waar.

Bid asseblief vir elkeen betrokke by Hey! vir wysheid en leiding van die Heilige Gees vir elke dag se aanbiedings!

Geniet die nuus deur op die skakel te kliek

Op die pad – 21 April – 16 Mei 2011

Ja dit was ‘n lang reis.  Maar dit was heerlik.  Ek kon my familie te siene kry in die ver Gauteng terwyl ek daar werksaam was.

Lees verder oor wat ons daar gemaak het!

Nuusbrief

Beaumont – Kinderkuns

Een van die Gr 3 leerders het hierdie prent vir Celeste kom oorhandig.  Dit is hoe sy die aanbiedings sien!

Te kostelik – geniet dit!  Daar bly prente inkom van hierdie kinders so ons sal maar gereeld net ‘n byvoeging maak.

Bybelse inspirasie – Mei 2011

Die Helderberg natuurreservaat is een van die juwele van die Kaap waar jy diep kan asemhaal. Dis ‘n spesiale plek waar God se handewerk sigbaar is en Sy stem hoorbaar is as jy net gaan stil raak! By elke besoek is ‘n ander plant in blom en kan jy jou ure verlustig aan al die mooi! Maar op 16 April het verterende vlamme verwoesting gesaai en is ‘n groot deel van die reservaat afgebrand. Om daar te gaan stap was ‘n vreemde ervaring en foto links wys hoe groot dele afgebrand het. Die swart gebrande natuurskoon het aan my hart geruk maar my ook laat dink…

Lees verder hier

Brokkies Nuus – April 2011

Aangeheg vind asseblief hierdie maand se Brokkies nuus. Daar is soveel om voor dankbaar te wees en mense soos julle se ondersteuning maak dit moontlik vir ons om ons werk met vreugde te doen soos Kolosssense 3:23 ons beveel “wat julle ook al doen, doen dit van
harte soos vir die Here en nie vir mense nie”

Mag hierdie teks ook as inspirasie dien vir jou in die tyd van terug skool en werk toe waar werksdruk en verantwoordelikhede soms net te veel voel !

Volg die skakel

 
css.php