Archive for February, 2014
Brokkies Nuus Januarie 2014
Goeiedag!
Die volgende Bybelverse wys net weer vir ons aan die begin van 2014 dat God dit belangrik ag dat mense (ook kinders) gered moet word en Jesus as Verlosser en Here sal aanneem
1 Timoteus 2:3 “so is dit goed en aanneemlik vir God,ons Verlosser, dat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom…
2 Petrus 3:9 “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.
Die opdrag is baie duidelik en ons kan net aan God die eer gee vir die amper 70 mense wie hul hande opgesteek het hier in die Kaap om saam met ons in die Hey! bediening te dien. Hierdie manne en vroue gee Bybellesse op weeklikse basis en soos ons gister by opleiding so mooi gehoor het: “you are appointed by God, you are not just a helper”
Dankie aan elkeen van julle!
Bid asb vir elkeen (ook hul gesinne, gesondheid en huwelike) wie aan die kinders die Goeie Nuus van Jesus bring!
Bid asb vir ontvanklike kinder harte? in 2014
Volg die skakel om verder te lees … 2014 Brokkies Nuus Januarie
Gauteng Nuusbrief
Die bediening sluit af in November met ‘n groot WOW!!
Volg die skakel om verder te lees……


