Archive for February, 2012
Hoop vir Kinders Opleiding
As jy ‘n passie het vir Gods Woord en kinders is hierdie ‘n MOET vir jou. Kom en ervaar hoe die Here met jou werk tydens hierdie werkswinkel van Dissipelskap. Kom leer hoe om die Evangelie op ‘n Speel-Speel manier aan kinders oor te dra. Bring jou Sondagskool personeel, onderwysers, ouers, oumas & oupas, kerkraad, en almal wat belangstel.
Wanneer:
15 – 20 Maart 2012
Tye:
Donderdagaand, Vrydagaand, Maandagaand & Dinsdagaand – 17:00 – 22:00
Saterdag – 08:00 – 17:00
Waar:
NG Stellenberg, Bellville
Kostes:
R200 per persoon
Verversings (koffie/tee) word bedien in die aande. Saterdagmiddag sal middagete verskaf word.
Bespreek jou plekkie op die website of by Belinda – 073 835 5084 / belinda@hey.org.za

