Archive for August, 2011
H4K Opleiding in Zoar
Ja daar bestaan werklik so ‘n plekkie! Jy ry deur Worcester, Robertson, Ashton, Montagu, Barrydale en dan Ladismith …. en “whala” Zoar!
Wat ‘n aangename verrassing. Hierdie plekkie het totaal en al in my hart ingekruip. Ek kan nie wag vir die volgende geleentheid om terug te gaan en verder onder die kinders en sy mense te gaan werk nie. Dit is heerlik om daar tussen die berge die Evangelie aan mense te deel. Hier kry jy egtheid (as daar so ‘n woord is) en opregte menslikheid.
Volg die skakel om verder te lees
Kinderkuns vanuit Beaumont Laerskool
Ons kry gereeld oulike tekeninge om HEY uit te beeld. Ons probeer so gereeld moontlik van dit plaas op die blog.
Dis pragtig en beteken vir ons altyd baie!
Bybelse Inspirasie – Augustus 2011
In Mei maand se Inspirasie nuusbrief het ek die swart gebrande Helderberg natuurreservaat gewys en gevra hoe jou verhouding met die Here lyk: “swart gebrand en dood of lowergroen en lewend”? Sedertdien was ek gereeld in die berg en kon met vreugde sien hoe die lowergroen weer tussen die swart stamme begin kop uitsteek en groei na die winterreën soos op die foto?s. Tydens die Awaken vroue konferensie het die Here my duidelik „n beeld gegee van die berg en hoe die swart, dooie deel stadig begin groen word en toe begin daar bome groei aan die kant wat erg gebrand was. Die bome was pragtig met dik stamme en takke wat so hoog uitgestrek het, ver bo die bergtoppe verby. Raai wat? Die bome was nie fynbos soos verwag nie maar Bosveldbome! Wat sou die betekenis hiervan wees?
Om verder te lees volg die skakel
Brokkies Nuus – Julie 2011
Ons se DANKIE en gee bietjie nuus oor die verloop van die derde kwartaal by skole.
Volg die skakel om verder te lees


