Archive for June, 2011

 

Worcester Uitreik

27 Junie – 1 Julie 2011

In samewerking met Lifestyle Christian Ministries gaan ons ‘n uitreik hou in Avian Park, Worcester.  Daar gaan in die oggende ‘n Bybelskool aangebied word vir die laerskool kinders waar ons lekker met hulle gaan speel, sing en die geleentheid gaan kry om met hulle die Evangelie te deel.  Ons gaan elke middag so rondom 13:00 afsluit met middagete vir die kinders.

Vanaf so 14:00 gaan ons in spanne die Avain Park gebied betree met kospakkies, klere, komberse, ens.  Ons gaan die geleentheid gebruik om die inwoners van Avian Park se nood ‘n bietjie te verlig.  Dit bied ons dan ook die ideale geleentheid om uit te reik en op ‘n Geestelike nood ook antwoorde te kan gee deur met hulle die Evangelie te deel.

Ons is so opgewonde oor hierdie uitreik, maar ons kort nog baie voorrade.  Indien jy op enige manier betrokke kan raak en kan help hiermee sal ons dit baie waardeer.

Ons program vir die week gaan min of meer soos volg verloop:

08:00 – 13:00 – Hoop vir Kinders Bybelskool (Laerskool kinders)

13:00 – 14:00 – Middagete aan hierdie kinders

14:00 – 16:00 – Uitreik onder die gemeenskap en die uitdeel van kos en klere

18:00 – 21:00 – Hoop vir kinders Leierskap Werkswinkel

Die Hoop vir kinders Leierskap Werkswinkel is oop vir alle onderwysers, sondagskool personeel, ouers, groot ouers, predikante, ens.  Indien jy ‘n passie het vir kinders en vir God en die Evangelie is jy meer as welkom.

Hierdie werkswinkel se kostes beloop R100 per persoon vir die week.

Jy is meer as welkom!

Indien jy finansieel ‘n bydrae wil maak, kan jy dit direk in HEY se bankrekening in deponeer met verwysing Worcester Uitreik.  Dit sal dan reg gekanaliseer word en slegs daarvoor gebruik word.

Indien jy enige voorrade het om te skenk kan jy direk met ons kontak om dit te kom afhaal by jou.  Ons sal dit baie waardeer!

Vir enige ander navrae kontak Lifestyle Christian Ministries

Tobias – 083 7488 410

 
css.php