Archive for November, 2013
Uitreik by Helderberg Natuur reservaat 2013
Beste ouers
Verlede week die tyd was ons opgewonde oor die uitreik maar tog effens benoud aangesien soveel voorbereiding ingegaan het en ons gebid het vir ‘n 100% suksesvolle uitreik vol pret en Jesus-liefde..
God het werklik Sy sluise oopgemaak en ons geseën met wonderlike weer, gelukkige kinders, lekker eetgoed, genoeg koek en JC’s vir almal, Mammas wie flink kinders aangery het…om nie eers van die ruimhartige donasies te praat nie!!!
Ai hoe kan mens genoeg dankie sê aan ons Hemelse Vader!
Volg die skakel om die Nuusbrief te lees……
Brokkies Nuus – Oktober 2013
Hier is Oktober se Brokkies Nuus. Eerste maand van die 4de kwartaal van lekker besig, lees gerus binne meer!
Ons kan maar net aan God die eer gee want in die kort kwartaal tot dusver het soveel kinders oorgawes gemaak en aangedui dat hulle Jesus as hulle Verlosser en Here wil aanneem. Ek is opgewonde oor elke kind wie die keuse maak en besef dat Jesus die enigste Weg is! Johannes 14:6 “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”
Hou solank 30 November die aand oop!Aangeheg is die “Partytjie vir Jesus” inligtingsblad van die wonderlike aand wat plaasvind by Post House wynplaas en die hele gesin kan heerlik kom ontspan en piekniek hou. Die Aarons het ook vir Hey! genader en ons is een van die begunstigdes by die geleentheid. Ons gaan ook rolspel doen van die Kinder EEIII aanbieding wat gaan wys wat die kinders hierdie jaar geleer het!
Jesus Partytjie – Inligting 2013


