Brokkies Nuus – Oktober 2013

Hier is Oktober se Brokkies Nuus. Eerste maand van die 4de kwartaal van lekker besig, lees gerus binne meer!

Ons kan maar net aan God die eer gee want in die kort kwartaal tot dusver het soveel kinders oorgawes gemaak en aangedui dat hulle Jesus as hulle Verlosser en Here wil aanneem. Ek is opgewonde oor elke kind wie die keuse maak en besef dat Jesus die enigste Weg is! Johannes 14:6  “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

Hou solank 30 November die aand oop!Aangeheg is die “Partytjie vir Jesus” inligtingsblad van die wonderlike aand wat plaasvind by Post House wynplaas en die hele gesin kan heerlik kom ontspan en piekniek hou. Die Aarons het ook vir Hey! genader en ons is een van die begunstigdes by die geleentheid. Ons gaan ook rolspel doen van die Kinder EEIII aanbieding wat gaan wys wat die kinders hierdie jaar geleer het!

Nuusbrief – Oktober 2013

Jesus Partytjie – Inligting 2013

 

 

 

 

 

 

This entry was posted on Saturday, November 9th, 2013 at 9:35 am and is filed under News. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php