Archive for January, 2017
Kaapstad 4de kwartaal Nuusbrief
Aangeheg vind asb ons laaste nuusbrief vir die jaar. Daar was werklik soveel om te deel en ek kon net ‘n paar kort brokkies neerstip. Weet ook dat dit maar ‘n druppeltjie in die emmer is teenoor wat alles die kwartaal in detail gebeur het!
Ek sluit die jaar af deur ‘n paar Bybelverse wat as seen en bemoediging aan jou gegee word neer te pen. Sit dit in jou hart?
“In the morning, O Lord , You will hear my voice; In the morning I will prepare [a prayer and a sacrifice] for You and watch and wait [for You to speak to my heart].”
PSALM 5:3 AMP
Mag jy elke dag en veral ook in die vakansietyd met God begin en mag jy Sy stem hoor en Hom waarneem in die mooi natuur waar ons tipies gaan uitspan om te rus.. die see… berge.. riviere…bos…
“Die oppermagtige Here het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit ’n leerling betaam. Die oppermagtige Here het my ore oopgemaak. Ek was nie teen Hom opstandig nie. Ek was nie ontrou aan Hom nie”
Jes.50.4-5.NLV
Ons beskermings gebed aan jou is die volgende: “No weapon formed against you shall prosper, And every tongue which rises against you in judgment You shall condemn. This is the heritage of the servants of the Lord , And their righteousness is from Me,” Says the Lord “Isa.54.17.NKJV Spreek lewe elke dag deur Skrif te bid oor jou en jou geliefdes se lewe en weet en hou vas daaraan dat:
“For no word from God will ever fail.” Luk.1.37.NIV
In die Kerstyd waar ons die geboorte van ons Verlosser, Jesus herdenk, is die woorde “gee” en “gawes” prominent maar onthou dat Jesus dit vir ons onverdiend gee! “Every good and perfect gift is from above, coming down from the Father of the heavenly lights, who does not change like shifting shadows” Jas.1.17.NIV
Volg die skakel om die Nuusbrief te lees
Beaumont Uitreik 2016
Beste ouers!
Ons wil julle bedank vir elke donasie wat hierdie uitreik so spesiaal gemaak het! Daar was soveel mense wie elk hul deel bygedra het om dit ‘n onvergeetlike dag te maak – weet verseker dat elkeen teenwoordig ‘n wonderlike tyd gehad het. Dié wie aan die “gee” kant was kon getuig “dis saliger om te gee as om te ontvang”
Die weer was fantasties en die koeke (daar was 10 ) baie smaaklik en sommige kinders het sommer 3 of 4 keer kom kry! Ons het die jaar ook pette laat druk met die HEY! logo op om aan die kinders wie genooi was van Croydon crèche, Rustenhofplaas, Babbel en Krabbel en Hope&light te gee as geskenk en dit was absoluut ‘n wenner!
Dis asof elke jaar se uitreik net lekkerder is en beter verloop as die vorige jaar!
Volg die skakel om die Nuusbrief te lees



