Archive for October, 2013
Brokkies Nuus – September 2013
Hier is Brokkies Nuus vir September. Skole het die week met ‘n “bang!!!” begin en ons het by sommige skole en plase begin maar die res van die tyd is beplanning gedoen en opleiding het plaasgevind.
Ek wil veral vra dat gebid word vir elk van die sowat 65 persone wie iewers in ‘n week by Bybellesse betrokke is namens Hey! My gebed vir ons as aanbieders is dat ons Geesvervuld die Woord van God en Goeie Nuus van Jesus sal bring, bewus daarvan dat ons niks sal word en Hy alles :
Isaiah 61 Amplified Bible (AMP) :61 The Spirit of the Lord God is upon me, because the Lord has anointed and qualified me to preach the Gospel of good tidings to the meek, the poor, and afflicted; He has sent me to bind up and heal the brokenhearted, to proclaim liberty to the [physical and spiritual] captives and the opening of the prison and of the eyes to those who are bound, 2 To proclaim the acceptable year of the Lord [the year of His favor] [a]and the day of vengeance of our God, to comfort all who mourn, 3 To grant [consolation and joy] to those who mourn in Zion—to give them an ornament (a garland or diadem) of beauty instead of ashes, the oil of joy instead of mourning, the garment [expressive] of praise instead of a heavy, burdened, and failing spirit—that they may be called oaks of righteousness [lofty, strong, and magnificent, distinguished for uprightness, justice, and right standing with God], the planting of the Lord, that He may be glorified.
Volg die skakel om verder te lees
Dankie vir jou volgehoue ondersteuning en gebede, ons kan nie daarsonder nie!
Brokkies Nuus – Augustus 2013
Hier is Augustus se Brokkies nuus en hoewel die skole waaroor ons gereeld berig almal volstoom aan die gang is, gaan stop ons bietjie by die plekke wie bietjie verder van ons drumpel is.
Lees oor Lindilani, Bonnytoun en Lawrencia en maak dit asb. ook ‘n gebedsversoek aangesien daardie kinders nie die voorregte en geleenthede het waaraan ons gewoond is nie. Maar ons kan met hulle die Evangelie deel en liefde gee!
Ons uitdaging is om sout en lig te wees in hierdie donker wêreld soos in Matteus 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Dankie vir jou volgehoue ondersteuning, gebede en hulp, ons waardeer dit baie!
Volg die skakel om verder te lees
“NEWS FRESH OFF THE PRESS” DANIE ACKERMAN LAERSKOOL
Hi julle!
Dit was so bemoedigend om te kon ontmoet verlede week Dinsdag met die hoof van Danie Ackerman Laerskool in Strand/Somerset-Wes. Ek besef dat God met ‘n wonderlike plan my oor mense wie daar betrokke is se pad gestuur het by verlede Vrydag se sessie met Chris Bester vir ons vrywilligers en daagliks rig Hy dinge verder op om die bediening by die skool moontlik te maak.
Daar is 251 kinders (Gr5 en 6)-amazing ne? wie ons kan bedien. Die les sal Mailbox Club se Explorers Club program wees en les sal op Dinsdae van 8 tot half 9 wees. Ek poog om 12 mense te kry sodat ons 2 persone per klas kan hê om Bybelklas aan te bied aangesien die klasse tussen 45 en 49 kinders het. Op die stadium het 8 aangedui dat hulle moontlik sal kan help, wat fantasties is!
Ons kan in die 4de kwartaal begin Bid asb vir hierdie wonderlike geleentheid om Jesus se lig te laat skyn in skole! Ek het opleiding gereel vir 4 Oktober en ek is nou besig met voorbereiding van hulpmiddele vir aanbieders soda tons in tweede week van kwartaal kan begin.
Baie dankie
Celeste Steinmann
Cell: 082 322 5299

