“NEWS FRESH OFF THE PRESS” DANIE ACKERMAN LAERSKOOL

Hi julle!

Dit was so bemoedigend om te kon ontmoet verlede week Dinsdag met die hoof van Danie Ackerman Laerskool in Strand/Somerset-Wes. Ek besef dat God met ‘n wonderlike plan my oor mense wie daar betrokke is se pad gestuur het by verlede Vrydag se sessie met Chris Bester vir ons vrywilligers en daagliks rig Hy dinge verder op om die bediening by die skool moontlik te maak.

Daar is 251 kinders (Gr5 en 6)-amazing ne? wie ons kan bedien. Die les sal Mailbox Club se Explorers Club program wees en les sal op Dinsdae van 8 tot half 9 wees. Ek poog om 12 mense te kry sodat ons 2 persone per klas kan hê om Bybelklas aan te bied aangesien die klasse tussen 45 en 49 kinders het. Op die stadium het 8 aangedui dat hulle moontlik sal kan help, wat fantasties is!

Ons kan in die 4de kwartaal begin Bid asb vir hierdie wonderlike geleentheid om Jesus se lig te laat skyn in skole! Ek het opleiding gereel vir 4 Oktober en ek is nou besig met voorbereiding van hulpmiddele vir aanbieders soda tons in tweede week van kwartaal kan begin.

Baie dankie

Celeste Steinmann

Cell: 082 322 5299

This entry was posted on Tuesday, October 1st, 2013 at 8:00 am and is filed under News, Workshops & Dates. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php