Archive for August, 2013
Brokkies Nuus – Julie 2013
Hier is Julie se Brokkies Nuus en hierdie maand is propvol nuwe nuus van groei in Julie. Meer as 200 nuwe kinders word vanaf Julie op weeklikse basis bedien en ons gee aan God die eer.
Meer kinders beteken meer aanbieders en jy kan meer lees oor hulle! Deuteronomium 31:8 is ons gebed vir al die mense wie Hey! se hande en voete is: “Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”
Dankie vir jou ondersteuning en gebede, ons waardeer dit geweldig baie!
Volg die skakel om verder te lees
Brokkies Nuus – Junie 2013
Hier is Junie se Brokkies Nuus. Soos elke maand is daar te veel om te vertel en te min plek in die briefie!!
Gebedsversoeke vir nuwe bedieninge wat in die 3de kwartaal begin:
1. Die 6 Beaumont graad 5 klasse(5 Engelse en 1 Afrikaanse klas) gaan met Explorers Club begin. Dit beteken 6 nuwe aanbieders wie sowat 160 kinders gaan bedien. Ons is baie opgewonde hieroor.
2. By Lindilani (verhoorafwagtende seuns van 10-14 jaar) gaan weeklikse Bybellesse aan die sowat 50 kinders gebied word. Vanessa sal hier bedien en ons vra gebed hiervoor vir haar!
Besoek HEY! gerus op ons nuwe Facebook bladsy by die volgende link: www.facebook.com/HopeExplosionYouthMinistriesen gaan Like ons
Geniet die vakansie en rus lekker uit!
Lees verder deur die skakel te volg

