Archive for April, 2014
Brokkies Nuus Gauteng Maart 2014
Ons Gauteng span is al heerlik op dreef en die kinders kan nie wag om elke week hul klassies by te woon nie. Dit is sommer al vroeg bedrywig in Brentwoodpark Laerskool. Elke dag saam met die kinders is opwindend. Volg die skakel en lees verder om te sien waarmee die kinders besig is.
Brokkies nuus Maart 2014
Hier is HEY! se Brokkies Nuusbrief waarin ons Maart se aktiwiteite uitlig.
Ons deel ook graag HEY! se visie en droom vir volgende 3 jaar. Voel net dat julle ook moet bewus wees en kan bid daarvoor:
HEY! wil steeds in lyn met ons visie hoop bring aan die jong generasie deur die Goeie Nuus van Jesus met hulle te deel en hulle toe te rus om hierdie Goeie Nuus met ander te deel.
Ons sal graag meer skole en gemeenskappe wil bereik en dus wyer asook dieper (meer klasse by skole waar reeds betrokke is) gaan. Ons besef dat dit werwing van meer Bybelklas aanbieders en admin personeel gaan verg. Om meer skole te bereik sal ons ‘n instrument kan wees in God se hand om meer kinders die keuse te kan bied om Jesus aan te neem en so kan God se Koninkryk uitbrei!
Die tweede deel van ons visie is om God te eer deur volwassenes toe te rus om kinders die Evangelie te leer en die implementering van ouderdom gepaste Bybel kurrikulums in hul skool of gemeenskap.
Die drie jaar plan om in Wes-Kaap en Gauteng verder uit te brei sal beteken dat meer aanbieders toegerus sal moet word en dit sal meer opleidings geleenthede noodsaak. Die wie reeds aantal jare betrokke is word ook geleenthede gebied om geestelik te groei deur sulke opleidingsgeleenthede te skep. So word God se Koninkryk ook uitgebrei onder gesinne!
HEY! is baie opgewonde om meer fokus te plaas op gebed en gebeds geleenthede te skep by veral skole. HEY! wil meer gebeds weke uitrol asook kontinue gebedspanne oprig wie sal intree vir skole, kinders wie bedien word en veral vir aanbieders van die Bybel klasse.
HEY! sal graag meer gereelde uitreike wil organiseer waar skole kan uitreik na gemeenskappe wat minder bevoorreg is en ons droom selfs van uitreike op kleiner skaal waar kinders van plaasprojekte na mekaar uitreik en mekaar dien! So kan ons Jesus se leierskap model om te dien aan kinders leer
In ‘n neutedop dus sal HEY! se drie jaar plan poog om meer kinders asook volwassenes aan Jesus bekend te stel en te dissipel deur geestelike groei programme/kurrikulums en geleenthede. So sal Matteus 5:16 waar word: “Hulle sal ‘n lig in die donker wêreld wees vir Jesus” Ons visie sal nog meer in vervulling gekom waaroor ons baie opgewonde en dankbaar sal wees teenoor ons Hemelse Vader!
Volg die skakel om die nuusbrief te lees



