Beaumont Uitreik 2016

Beste ouers!

 

Ons wil julle bedank vir elke donasie wat hierdie uitreik so spesiaal gemaak het! Daar was soveel mense wie elk hul deel bygedra het om dit ‘n onvergeetlike dag te maak – weet verseker dat elkeen teenwoordig ‘n wonderlike tyd gehad het. Dié wie aan die “gee” kant was kon getuig “dis saliger om te gee as om te ontvang”

 

Die weer was fantasties  en die koeke (daar was 10 ) baie smaaklik en sommige kinders het sommer 3 of 4 keer kom kry!  Ons het die jaar ook pette laat druk met die HEY! logo op om aan die kinders wie genooi was van  Croydon crèche, Rustenhofplaas, Babbel en Krabbel en Hope&light te gee as geskenk en dit was absoluut ‘n wenner!

 

Dis asof elke jaar se uitreik net lekkerder is en beter verloop as die vorige jaar!

 

Volg die skakel om die Nuusbrief te lees

Uitreik Kaapstad 2016

 

 

This entry was posted on Monday, January 16th, 2017 at 12:46 pm and is filed under Kids, News. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php