Gebedsversoeke vir 2013
Goeiedag!
Hier is die gebedsversoeke soos belowe! Die Here is besig om nuwe deure oop te maak en ons vra gebed daarvoor asb. Asook wysheid vir ELKE persoon betrokke. Ons wil altyd binne God se wil bly en doen wat Hy van ons vra: Ephesians 5:10,16 “And try to learn [in your experience] what is pleasing to the Lord [let your lives be constant proofs of what is most acceptable to Him]. Making the very most of the time [buying up each opportunity], because the days are evil.”AMP
1. GAUTENG 2013
Nuwe bedieninge of verandering van 2012:
Smarties Education centre
Kleuterskool in Brentwoodpark: 4 klasse 20 per klas wat op 3 verskillende dae aangebied sal word
Brentwoodpark laerskool:
Gr R (3 klasse)
Gr 1 tot Gr 3 (4 klasse per graad met +- 30 per klas dus 12 klasse)
Uiltjie klas – spesiale klas
Bid asb vir hande aangesien daar op die stadium 4 aanbieders en 6 vrywilligers is
Annebel projek
Gaan voort maar by Brandwag Hoërskool (+-15 kinders)
6 van die meisies benodig Matriekafskeid rokke en borge vir hul hare, grimering en naels.
Uitreike na die buiteland:
Belinda is ook genader deur persone waar uitreik was in Zambie vir opvolg en uitreik asook Rusland om deel te wees van ‘n moontlike jeugkamp.
2. KAAP 2013
Lochnerhof laerskool:
Nuwe klasse gaan by die kleuterskool aangebied word vir:
Gr RR (3 klasse)
Graad R (4 klasse)
Ons is ook baie dankbaar dat al die gr 1 tot 7 klasse kan voortgaan in 2013 – ‘n “dankie gebed” is baie van pas hier
De Hoop laerskool:
Nuwe klasse vir Gr 3 (“Hoop vir Kinders” gaan direk na skool aangebied word)
Gr 4 en 5 (Christus is koning) nuwe tydsgleuf tydens 2de pouse)
Beaumont laerskool
Nuwe klasse vir gr 6 Engelse klasse (4 klasse): Sout van die Aarde leierskap program
Gr 5 Engelse klasse – moontlike geleentheid
Bonnytoun
Meer mense nodig om te help met seuns se geestelike groei nasorg program en Sondag eredienste
Bid asb ook vir mense wie sal kan aanbied aangesien daar op die stadium ‘n tekort aan mense is.
Aangeheg is die eerste “Hoop vir kinders “ opleidingsgeleentheid vir 2013: van 21 tot 25 Januarie as jy dalk belangstel of iemand ken wie ‘n hart vir kinders het!


