Hoop vir Kinders Opleiding – Betshan Teologiese Seminarie

‘n Nuusbrief is te kort om altyd alle informasie in te sit.  Hier volg ‘n paar getuienisse en foto’s van my tydjie saam met die studente in Pretoria

Getuienisse:

Wat hierdie kursus vir my beteken het.

Ek het weereens besef, wanneer ‘n groot mens tot redding kom, red jy ‘n siel en wanneer ‘n kind tot redding kom, red jy ‘n lewe.  Ons is dankbaar dat daar sulke werkswinkels aangebied word vir die kinders.  As die Here wil, sal ek volgende jaar in ‘n gemeente my bediening begin.  Ek verstaan nou hoe dit werk en sal graag die Kerkraad oortuig om hierdie opleiding vir die Sondagskool personeel aan te bied en natuurlik ook Vakansie Bybelskole.  Ek gaan ‘n punt daarvan maak om my kniee te buig en ‘n kind in die oe te kyk.

Baie dankie vir jul goeie werk

Groete in Jesus

Rassie van Staden

Hierdie kliniek het vir my baie beteken.  Ek was nog altyd lief vir kinders, maar hierdie kliniek het my soveel idees en gereedskap gegee vir die kinderbediening.  Dit is ‘n moet vir elke mens wat lief is vir kinders en met hulle wil werk.  Die Here het net weer vir my kom wys dat ek meer soos ‘n kind moet word en kindertjies vir Jesus wen want ‘n kind se lewe le nog voor.  Hy kan soveel meer mense bereik as ‘n volwasse mens.  Dit is my harsbegeerte om met kindertjies te werk en hulle na Jesus toe te lei.  Ons word uitgeplaas die einde van die jaar in ‘n gemeentlike bediening en waar ek ook al gaan, gaan ek hierdie H4K altyd gebruik en ek wil dit deel maak van my lewe.  Baie dankie vir hierdie spesiale werk wat julle doen vir kinders.  Mag die Here julle seen in alles wat julle doen.

Groete in Jesus

Elbie van Staden

Dit was voorwaar ‘n baie goeie kursus gewees, om net weer opnuut te kan besef daar is tog soveel hulpmiddels om effektief met ‘n kind die Evangelie te kan deel.  Dit het vir my baie beteken om die statistiek te kon sien, onder watter ouderdom die meeste mense tot bekering kom.  Alhoewel ek al die EE3 deurloop het was dit vir my baie besonders om te kon leer hoe ‘n mens dit aan ‘n kind kan oordra

Anoniem

Dit was vir my baie aangenaam om H4K te deurloop saam met Hey!  Ek is ‘n teologiese student en al het ek hoeveel bybelkennis, was dit nog altyd moeilik om die evangelie op ‘n praktiese manier aan ‘n verlore sondaar te deel.  Dit is so ‘n eenvoudige manier wat sistematies verduidelik kan word met goeie voorbeelde.

Vir my het dit net weereens my geloof versterk om te weet dat Christus werklik vir my sonde gesterf het en dat Hy vir my, maar ook vir die hele mensdom hierdie gratis geskenk van die Ewige Lewe wil gee.

Baie dankie Hey! vir hierdie gereedskap wat julle vir my gegee het.  Seen vir julle en mag die Here julle dra van krag tot krag om ‘n verandering te maak in hierdie stukkende wereld.

Danie Klopper

Die kursus het my opnuut weer laat besef die verantwoordelikheid wat ons het met betrekking tot ons jong mense.  Om die evangelie op ‘n eenvoudige manier aan hulle oor te dra en die voorbeeld wat ons vir hulle moet stel.

Ek sal verseker van die kursus gebruik maak en ander aanspoor om ook die kursus te deurloop.

Andries van Niekerk

Dit was wonderlik om ‘n metode te kon leer om Jesus aan kinders te verkondig.

Charl Linde

Dit was lekker om op so ‘n wonderlike wyse op ‘n eenvoudige manier te leer hoe om die Evangelie met ‘n kind te deel.

Dankie

Kuifie

This entry was posted on Tuesday, October 9th, 2012 at 7:36 am and is filed under News, On the Road. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php