Dankbaar!

Watter groot voorreg was dit nie vir my om danksy Mergon Foundation se borg wat ons gekry het ‘n splinternuwe Laptop aan Vanessa Hansen wat vir ons al die klasse in Lawrencia Laerskool waarneem te kon oorhandig nie.  Ons het besluit dat dit noodsaaklik is om haar toe te rus en sodoende haar wonderlike werk daar te kan uitbrei.  Haar gesig toe sy besef wat besig was om te gebeur was onbeskryflik.  Sy kon nie glo dat so iets met haar kon gebeur nie.  Dankie!

Ons is ook baie dankbaar vir die nuwe Projektor wat ons kon aankoop om die bediening op die pad meer suksesvol te kan behartig.  Ons moet baie aanbiedings doen aan groot groepe terwyl ek die langpad neem, asook film vertonings tydens kampe ens.  Ons kan nou die Here se werk met soveel meer hulpmiddele verrig.  Dankie dit maak ons werk regtig makliker!  Ons glo dat God in beheer is en kyk net hoe fantasties sorg Hy vir ons!

This entry was posted on Wednesday, April 20th, 2011 at 8:33 am and is filed under News. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php