Lawrencia Laerskool
‘n Groot gebeurtenis het hom hierdie week afgespeel in die skool. Daar is soos elke jaar prefekte aangewys. Maar danksy getroue ondersteuners van buite kon ons hierdie geleentheid ook net ‘n bietjie meer spesiaal maak. Ons kon vir elke prefek hierdie jaar ‘n pragtige balkie aankoop met hul skool se wapen daarop. Maar die hoogtepunt was toe daar vir hierdie jaar ‘n hoofmeisie en hoofseun aangewys is. Dit was vir hierdie skool ‘n eerste keer. Hulle het ook dus elkeen ‘n spesiale balkie gekry waarop dit aangedui word. Ons het net besef dat hierdie kinders beloning moet kry vir hulle goeie gedrag, verbetering in akademiese prestasie en vele meer.
Vir die res van die skoolkinders was dit ‘n uitdaging om regtig te probeer om net sy beste te wees in die skool. Hulle kon leer dat leierskap ‘n fantastiese eienskap kan wees as jy dit reg aanwend. Ons is so trots op hierdie kinders! Hierdie skool is werklik oppad na nuwe hoogtes en ons sien uit daarna om hierdie pad saam met hulle te stap.
Nogmaals dankie aan ons getroue donateurs!!
Hoofseun en Skoolhoof – Juf Peters
Hoofmeisie en Skoolhoof
Al die nuwe Prefekte en hul onderwysers




