Die begin van ‘n nuwe jaar gaan altyd gepaard met vele emosies en terugslae, maar ook soveel om na uit te sien. Dit was vir ons in die Gauteng tak moeilik om afskeid te neem van uitstekende vrywilligers, maar ook verblydend om nuwe vrywilligers te verwelkom by ons. Die deure in Brentwoodpark Laerskool en Oos Rand Akademie het vir ons oop gebly vir die nuwe jaar en ons is bevoorreg om ‘n paar nuwe klasse te kan aanbied die jaar.
Ons wil net van die geleentheid gebruik maak om elke vrywilliger en gebedsvennoot baie dankie sê vir elke klas wat jy aanbied, hulpmiddels wat jy help maak, gebede wat jy bid vir elke kind asook elke onderwyser waarmee ons te doen kry. God werk in ons skole en ons is dankbaar vir elkeen van julle wat ons so getrou ondersteun.

Volg die skakel om verder te lees

Volg die skakel om verder te lees

Volg die skakel om verder te lees