Brokkies Nuus – Kaapstad – 1ste Kwartaal
Die eerste kwartaal in skole bediening voel altyd so sukkel-sukkel om op dreef te kom met skole wat roosters moet finaliseer, atletiek en ander aktiwiteite wat afgehandel en uitgesorteer moet word en vele meer. Dan is daar natuurlik die onsekere element van wie sal kan aangaan as Bybelklas aanbieder en wie nie, opleiding moet geskeduleer word vir nuwe vrywilligers en dan moet weeklikse beplanning gedoen en deurgegee word aan vrywilligers.
Van die lekkerste dele is natuurlik die bymekaarkom voor klasse afskop en saam koffie en klets en mekaar leer ken!
Die kwartaal was nie sonder uitdagings nie maar in alles kon ons getuig dat God deurgebreek het vir ons – Hy is so getrou.
Dankie vir jou ondersteuning hetsy deur middel van gebed, klas aanbied, admin, finansiële bydraes of sommer net omgee en daar wees vir ons. Dit word opreg waardeer!
Ons gee graag Sefanja 3:17 vir jou as seënbede:
“Die Here jou God is by jou,
Hy, die krygsman wat red.
Hy is vol vreugde oor jou,
Hy is stil-tevrede in Sy liefde.”
Hy jubel en juig oor jou”
Volg die skakel om verder te lees


