Brokkies Nuus Kaapstad – 3de kwartaal
Die 3de kwartaal nuusbrief deel die waarde van samewerking. By HEY! leer ons daagliks hoe deur nie net op jou eie te probeer regkom nie maar verhoudinge te bou en ander (ook ander nie-wins organisasies) te nader soveel meer en beter vermag kan word. In die lewe waar elkeen meesal net oor hom- of haarself en hul sukses en groei bekommer is, is hierdie manier van doen nie die norm nie, maar waarom nie? Jesus het ons tog die perfekte voorbeeld gegee en onvoorwaardelik gegee sonder om terug te vra en doen dit genadiglik steeds vandag!Ons is bemoedig deur die kwartaal wat verby is se “konneksie” gebeure en deel dit graag.
Buiten hierdie gebeure wat in nuusbrief gedeel word is die normale bedrywighede steeds volstoom aan die gang en ons Bybelklasse aan gr RR tot 7 gaan van krag tot krag! Die getuienisse van kinders wie ‘n keuse vir Jesus maak en ook voortdurende positiewe verhale van geestelike groei by kinders is baie bemoedigend en ons eer God daarvoor!
Dankie vir jou ondersteuning hetsy insette, harde werk, finansiële bydraes, gebede en liefde! Ons waardeer dit opreg.
Ons bid graag hierdie vreugde seëngebed deur Arthur Burk uit “ Seën jou gees” oor jou:
“Ek seën jou met goddelike ontevredenheid, dat jy altyd sal honger en dors na nuwe vreugdes, nuwe vlakke waar jou Vader Sy vreugde aan jou openbaar. Ek seën jou met vreugde ver bo enige vreugde wat jy ooit ervaar het. Ek seën jou om jou geboortereg ten volle vir jouself toe te eien, om nooit met ‘n paar druppeltjies vreugde tevrede te wees nie, maar om altyd meer te wil hê, om net die heel beste wat God vir jou het te wil hê”
Om meer te lees volg die skakel


