Brokkies nuus – 28 Januarie 2011
Met skole atletiekbyeenkomste, swemgalas, oueraande en vele meer fokus ons op beplanning,voorbereiding en afsprake met vrywilligers en personeel.
Kyk saam terug na laaste deel van 2010
Vold die link om verder te lees
Met skole atletiekbyeenkomste, swemgalas, oueraande en vele meer fokus ons op beplanning,voorbereiding en afsprake met vrywilligers en personeel.
Kyk saam terug na laaste deel van 2010
Vold die link om verder te lees
PLEK: NG Kerk Stellenberg
DATUM: 28 Januarie – 2 Februarie
TYE: Vrydag, Maandag, Dinsdag & Woensdag Aande – 18:00 – 21:00
Saterdag – 08:00 – 16:00 & Sondag – 12:00 – 16:00
KOSTE: R200 per persoon
VIR WIE: Ouers, Sondagskool Onderwysers, Predikante, Pastore, Onderwysers, Jeugwerkers, ens.
KONTAK: Belinda Bothma – 073 835 5084
Click hier vir die pamflet en inskrywings vorm
Sommer ‘n paar foto’s van ons ontbyt waar Pieter van Jaarsveld en Niël Steinmann ons kom leer het oor emosionele intelligensie en mentorskap. Ons het soveel geleer en almal het die oggend baie geniet (en baie gelag!).
Lees gerus verder deur op die volgende link te click
Bybelse inspirasie vir ons getroue vrywilliger, vennoot & vriend “VOORSPOEDIGE EN GELUKKIGE 201 1 ! ” Hierdie hoef nie net ‘n nuwejaarswens te wees nie maar is ‘n waarborg van God. . .
Click op die LINK om verder te lees
Hierdie hoef nie net
Woensdag, 1 Desember 2010, het ons die voorreg gehad om ‘n Kersdiens waar te neem in Lawrensia Laerskool. Ds Chris Bester het die les waargeneem. Hy het op ‘n wonderlike wyse met die kinders gesing en aan hulle verduidelik wie Jesus werklik was. Hy het nie net aarde toe gekom om gebore te word nie maar om ons die Woord te leer, Lief te wees vir gewone mense, Liefde aan die kinders te bewys, Om te gee vir die siekes en hoe om te gee met liefde.
Kersfees gaan nie net om die persente wat hulle ontvang nie maar om te wys dat daar iemand is wat lief is vir hulle. Jesus het aan elkeen die gratis geskenk van die Ewige Lewe gegee. Daarom moet met liefde aan ander van Jesus vertel.
Elke kind in die skool het ‘n pragtige geskenk ontvang met sy eie naam daarop. Baie dankie aan die persone betrokke!
Net ‘n paar foto’s om jou te laat sien hoe hulle dit waardeer het!
Ds Chris Bester staan tussen die klomp opgewonde kinders!
Vanessa (ons regterhand in die skool), Juf Peters (skoolhoof) en Belinda
Druk uit en lees/bid rustig deur Hettie van Rooyen se 2de gebedsbrief vir Hey! se bediening.
Lofprysing
1 Kron. 28:11-13 – “Aan U, Here, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en die aarde behoort aan U, Here. Aan U behoort die koninkryk. U is verhewe bo alles. Rykdom en eer kom van U alleen want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk. Ons dank U, o God, en prys u heerlike Naam! “ Hiermee verklaar ons – aan God behoort die grootheid, heerlikheid, mag roem en majesteit – alles in die hemel en die aarde behoort aan God – die koninkryk behoort aan God – Hy is Koning oor alles – as alles aan God behoort, besit Hy rykdom en eer – God het die krag om te verhoog en versterk volgens Sy wil.
1. Sondebelydenis – Jes. 42:8 – “My eer deel ek met niemand nie” – Bely voor God dat ons nie altyd die eer aan Hom gee vir wat goed gebeur in ons lewens nie – Bely dat ons grootste stryd is om eer vir onsself te hou – Vra God om ons oë op Hom gefokus te hou en Hom die eer gee wat Hom toekom
2. Gebed versoeke – Dank God vir die volgende:
3. Seën – Uit “Seën jou gees…” van Arthur Burk Fil. 1:6 “….dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” – Seën jou, Hey!, om so in die genade van God te wandel dat jy die dinge kan voltooi wat God in jou hart geplaas het. Daar is so baie areas waar jy begeer om die werk van God te doen maar dit nog nie voltooi het nie, daarom seën ek jou om God se getrouheid daarin te ervaar dat Hy jou die genade sowel as die begeerte gee om dit te voltooi.
Dankie dat jy saam met ons bid!
Bybelse inspirasie vir ons getroue vrywilliger,vennoot & vriend “Dit is nou die tyd om na My wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet” Hosea10:12
Met die vakansie voor die deur en die vooruitsig van see, sand, ontspan en luilekker dae in die somerson dink ek onwillekeurig aan al die tyd wat spandeer gaan word deur die vissermanne (jonk en oud , gesout en onervare) wie geduldig gaan wag vir „n byt!Hulle is bereid om te wag…maar is ek en jy oor die algemeen bereid om te wag ?
Volg die volgende skakel om verder te lees
Ja jy lees reg! Ek en Werner is al weer oppad. Hierdie keer is dit na die jaarlikse Stranddiens Uitreik te Uilenskraalmond. Hierdie jaar sal ons 4de en laaste jaar wees…. vir eers. Dis gogga wat jou nie sommer los as hy jou eers gebyt het nie. Maar ‘n mens moet na jou liggaam ook luister. Al die harde werk in skole, vakansie bybelskole, werkswinkels en so meer put ‘n mens uit.
Jy vra dalk nou wat is Vakansiedienste?
Die VCSV stuur jaarliks in Desember ongeveer 30 spanne na verskillende oorde regoor Suid- Afrika en Namibië met die doel om mense van alle ouderdomme op ’n relevante, eietydse wyse met die evangelie van Jesus Christus te bedien. Ons fokus op vriendskapsevangelisasie en werk hard om ons programme lekker en interessant vir almal te maak. Programme sluit onder meer poppekas, koffiekroeg, sportkompetisies, gaskunstenaars, speletjies en sandkasteelkompetisies in. Ons werk in verskillende gemeenskappe by elke oord, en probeer mense in hul leefwêreld ontmoet. Vakansiedienste is ’n wonderlike manier vir jongmense om hulle Christenskap in die Desembervakansie uit te leef!
Ons span bestaan uit ongeveer 30 jongmense met die ouderdom 16+ wat deur die Here gelei is om andere te kom dien en Sy hande en voete te wees. Ons het ‘n ongelooflike vol program elke dag van die week behalwe Sondae en Kersdag. Ons het jou gebede nodig om in hierdie tyd alles wat die natuur asook die duiwel na ons kant toe gooi te kan trotseer.
Ek en Werner het besluit om hierdie jaar van Stranddienste met ‘n “BANG” af te sluit en daarom het ons jou gebede en ondersteuning ongelooflik nodig. Ons is moeg en regtig afhanklik van God om ons beste hierdie jaar te gee. Dalk ‘n ou SMS of oproep van jou in hierdie tyd sal baie welkom wees. Jy is ook welkom om as jy in die omgewing is by ons te kom inloer. Volg net die geraas! Nee ek jok, volg die kinders na die GROOT Army tent en jy sal ons kry. Ons sal met liefde vir jou ‘n koffietjie of koeldrank aanbied.
Click op die volgende link om ons program vir die tydperk te volg
Wat ‘n heerlike tyd van saam leer en doen.
Hierdie gemeente het werklik ‘n passie vir God en Sy kinders. Ek sien hoe groot dinge rondom hierdie gemeente nog gaan plaasvind. Hulle gaan ook die program reeds volgende jaar in hulle Sondagskool implimenteer. Ons sien met ‘n blye hart uit na ons volgende werkswinkel wat in die gemeente gehou sal word onder die finale jaar katkisante in Maart 2011.
Al die Hey! lede en persone betrokke as konsultante en aanbieders het op Maandag 22 Nov bymekaar gekom om heerlik saam ontbyt te eet en mekaar beter te leer ken.Ons is voorwaar bevoorreg met so ’n gedugte span agter ons! Dankie julle!!!
Volg die link om verder te volg wat gebeur het die maand.