VCSV Vakansiedienste – 10 Desember – 1 Januarie

Ja jy lees reg!  Ek en Werner is al weer oppad.  Hierdie keer is dit na die jaarlikse Stranddiens Uitreik te Uilenskraalmond.  Hierdie jaar sal ons 4de en laaste jaar wees…. vir eers.  Dis gogga wat jou nie sommer los as hy jou eers gebyt het nie.  Maar ‘n mens moet na jou liggaam ook luister.  Al die harde werk in skole, vakansie bybelskole, werkswinkels en so meer put ‘n mens uit.

Jy vra dalk nou wat is Vakansiedienste?

Die VCSV stuur jaarliks in Desember ongeveer 30 spanne na verskillende oorde regoor Suid- Afrika en Namibië met die doel om mense van alle ouderdomme op ’n relevante, eietydse wyse met die evangelie van Jesus Christus te bedien. Ons fokus op vriendskapsevangelisasie en werk hard om ons programme lekker en interessant vir almal te maak. Programme sluit onder meer poppekas, koffiekroeg, sportkompetisies, gaskunstenaars, speletjies en sandkasteelkompetisies in. Ons werk in verskillende gemeenskappe by elke oord, en probeer mense in hul leefwêreld ontmoet. Vakansiedienste is ’n wonderlike manier vir jongmense om hulle Christenskap in die Desembervakansie uit te leef!

Ons span bestaan uit ongeveer 30 jongmense met die ouderdom 16+ wat deur die Here gelei is om andere te kom dien en Sy hande en voete te wees.  Ons het ‘n ongelooflike vol program elke dag van die week behalwe Sondae en Kersdag.  Ons het jou gebede nodig om in hierdie tyd alles wat die natuur asook die duiwel na ons kant toe gooi te kan trotseer. 

Ek en Werner het besluit om hierdie jaar van Stranddienste met ‘n “BANG” af te sluit en daarom het ons jou gebede en ondersteuning ongelooflik nodig.  Ons is moeg en regtig afhanklik van God om ons beste hierdie jaar te gee.  Dalk ‘n ou SMS of oproep van jou in hierdie tyd sal baie welkom wees.  Jy is ook welkom om as jy in die omgewing is by ons te kom inloer.  Volg net die geraas!  Nee ek jok, volg die kinders na die GROOT Army tent en jy sal ons kry.  Ons sal met liefde vir jou ‘n koffietjie of koeldrank aanbied.

Click op die volgende link om ons program vir die tydperk te volg

This entry was posted on Monday, December 6th, 2010 at 3:18 pm and is filed under On the Road. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php