Lawrensia Laerskool – Dis Kersfees!!

Woensdag, 1 Desember 2010, het ons die voorreg gehad om ‘n Kersdiens waar te neem in Lawrensia Laerskool.  Ds Chris Bester het die les waargeneem.  Hy het op ‘n wonderlike wyse met die kinders gesing en aan hulle verduidelik wie Jesus werklik was.  Hy het nie net aarde toe gekom om gebore te word nie maar om ons die Woord te leer, Lief te wees vir gewone mense, Liefde aan die kinders te bewys, Om te gee vir die siekes en hoe om te gee met liefde. 

Kersfees gaan nie net om die persente wat hulle ontvang nie maar om te wys dat daar iemand is wat lief is vir hulle.  Jesus het aan elkeen die gratis geskenk van die Ewige Lewe gegee.  Daarom moet met liefde aan ander van Jesus vertel.

Elke kind in die skool het ‘n pragtige geskenk ontvang met sy eie naam daarop.  Baie dankie aan die persone betrokke!

Net ‘n paar foto’s om jou te laat sien hoe hulle dit waardeer het!

Ds Chris Bester staan tussen die klomp opgewonde kinders!

Vanessa (ons regterhand in die skool), Juf Peters (skoolhoof) en Belinda

This entry was posted on Friday, December 10th, 2010 at 10:08 am and is filed under Kids. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php