1. Lofprysing
Ps. 145:1 – “Ek wil u lof verkondig, my God en my Koning, ek wil u Naam altyd prys. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik”
Ek kom verklaar dat:
– God, Jesus en Heilige Gees die enigste lewende God is
– God my God is, die een wat my beplan het en ‘n plan vir my lewe het
– God koning van die heelal en van my lewe is
– Ek wil sy Naam groot maak , Hom loof en prys vir wie Hy is! (Ps. 145:8-9)
– Genadig en barmhartig
– Lankmoedig en vol liefde
– Goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het
2. Sondebelydenis
Ps. 51:3 – “Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredinge uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde”
– Vra die Heilige Gees om onbelyde sonde uit te wys
– Bely sonde en vra God om uit sy genade my sonde te vergeef
Ps. 51:12 – “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig”
– God reinig my van sonde, skep vir my ‘n rein hart
– Vernuwe my gees en maak my standvastig sodat ek nie weer hierdie sonde sal doen nie, dankie, Pappa Vader
3. Gebed versoeke
Dank God vir die volgende –
a) Die registrasie van Hey as ‘n artikel 21 maatskappy en dit wat daar uit gevolg het, soos die opening van ‘n bankrekening.
b) Vir elke oop deur en nuwe geleentheid in 2011
– Laerskool Beaumont
– Laerskool De Hoop
– Somerset-Wes Primer
– Die Pêrel projek
– Laerskool Lawrencia
– Hebron Christen Skool
c) Vir elke persoon wat help met die bediening – Belinda, Celeste, Vanessa, Ursula, Liz-Mari, Henriette, Michele, Marjorie, Lise en Nicole
d) Vra God om sy planne vir Hey te openbaar, wat Sy wil met die bediening is, hoe die saad gesaai moet word, hoe dit bemes moet word en wanneer om water te gee. Besonderse insig vir die mense wat bedien.
Amos 3:7 – “Surely the Sovereign Lord does nothing without revealing his plan to his servants the prophets.”
e) Beskerming, fisies en geestelik, vir elke persoon betrokke by Hey.
“O Vader, beskerm elke persoon betrokke by Hey van die listige planne van Satan. Stuur U engele om hulle te beskerm waar hulle werksaam is om nuwe grondgebied vir U in te neem. Satan en sy planne is nie aan my onbekend nie en vra ek in die naam van Jesus Christus vir beskerming vir elkeen van die persone wat weekliks help met hierdie bediening.”
4. Seën
Efes. 6:14 “Bly op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak van God as borsharnas, en bereidheid om die evangelie te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê….Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.”
Seën jou, Hey!, om toegerus met God se wapenrusting die geveg te stry. Mag julle deur die genade van God op julle pos bly staan, grondgebied in neem, soos Hy dit beplan. Amen.
Read full article