Brokkies Nuus vir Oktober 2012

Hier is die Brokkies Nuus van Oktober. Hey! sal geen van hierdie kan doen sonder mense soos julle nie. Elke donasie, gebed, ondersteuning op watter manier ookal maak dit moontlik om kinders en ook ouers te bereik met die Goeie Nuus van Jesus. Ons waardeer dit soveel!

Met die jaar wat vinnig tot ‘n einde kom dink ek ons kan almal doen met krag (en selfbeheersing J) daarom hierdie bekende vers vir jou: 2 Timoteus 1:7 “want God het ons nie ‘n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” Mag jy nuwe krag kry, onvoorwaardelike liefde uitdeel en selfbeheersing hê wat jouself sal verbaas!

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

VBS – Brentwoodpark Laerskool – 2012

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

Brokkies Nuus – Gauteng – September 2012

Goeie dag almal,

Uiteindelik die Gauteng streek se eerste Nuusbrief oor die derde kwartaal.  Ons is nogsteeds besig om ons voete te vind, maar glo my reeds hard aan die werk.

Volg die skakel om meer te lees

Hoop vir Kinders Opleiding – Betshan Teologiese Seminarie

‘n Nuusbrief is te kort om altyd alle informasie in te sit.  Hier volg ‘n paar getuienisse en foto’s van my tydjie saam met die studente in Pretoria

Getuienisse:

Wat hierdie kursus vir my beteken het.

Ek het weereens besef, wanneer ‘n groot mens tot redding kom, red jy ‘n siel en wanneer ‘n kind tot redding kom, red jy ‘n lewe.  Ons is dankbaar dat daar sulke werkswinkels aangebied word vir die kinders.  As die Here wil, sal ek volgende jaar in ‘n gemeente my bediening begin.  Ek verstaan nou hoe dit werk en sal graag die Kerkraad oortuig om hierdie opleiding vir die Sondagskool personeel aan te bied en natuurlik ook Vakansie Bybelskole.  Ek gaan ‘n punt daarvan maak om my kniee te buig en ‘n kind in die oe te kyk.

Baie dankie vir jul goeie werk

Groete in Jesus

Rassie van Staden

Hierdie kliniek het vir my baie beteken.  Ek was nog altyd lief vir kinders, maar hierdie kliniek het my soveel idees en gereedskap gegee vir die kinderbediening.  Dit is ‘n moet vir elke mens wat lief is vir kinders en met hulle wil werk.  Die Here het net weer vir my kom wys dat ek meer soos ‘n kind moet word en kindertjies vir Jesus wen want ‘n kind se lewe le nog voor.  Hy kan soveel meer mense bereik as ‘n volwasse mens.  Dit is my harsbegeerte om met kindertjies te werk en hulle na Jesus toe te lei.  Ons word uitgeplaas die einde van die jaar in ‘n gemeentlike bediening en waar ek ook al gaan, gaan ek hierdie H4K altyd gebruik en ek wil dit deel maak van my lewe.  Baie dankie vir hierdie spesiale werk wat julle doen vir kinders.  Mag die Here julle seen in alles wat julle doen.

Groete in Jesus

Elbie van Staden

Dit was voorwaar ‘n baie goeie kursus gewees, om net weer opnuut te kan besef daar is tog soveel hulpmiddels om effektief met ‘n kind die Evangelie te kan deel.  Dit het vir my baie beteken om die statistiek te kon sien, onder watter ouderdom die meeste mense tot bekering kom.  Alhoewel ek al die EE3 deurloop het was dit vir my baie besonders om te kon leer hoe ‘n mens dit aan ‘n kind kan oordra

Anoniem

Dit was vir my baie aangenaam om H4K te deurloop saam met Hey!  Ek is ‘n teologiese student en al het ek hoeveel bybelkennis, was dit nog altyd moeilik om die evangelie op ‘n praktiese manier aan ‘n verlore sondaar te deel.  Dit is so ‘n eenvoudige manier wat sistematies verduidelik kan word met goeie voorbeelde.

Vir my het dit net weereens my geloof versterk om te weet dat Christus werklik vir my sonde gesterf het en dat Hy vir my, maar ook vir die hele mensdom hierdie gratis geskenk van die Ewige Lewe wil gee.

Baie dankie Hey! vir hierdie gereedskap wat julle vir my gegee het.  Seen vir julle en mag die Here julle dra van krag tot krag om ‘n verandering te maak in hierdie stukkende wereld.

Danie Klopper

Die kursus het my opnuut weer laat besef die verantwoordelikheid wat ons het met betrekking tot ons jong mense.  Om die evangelie op ‘n eenvoudige manier aan hulle oor te dra en die voorbeeld wat ons vir hulle moet stel.

Ek sal verseker van die kursus gebruik maak en ander aanspoor om ook die kursus te deurloop.

Andries van Niekerk

Dit was wonderlik om ‘n metode te kon leer om Jesus aan kinders te verkondig.

Charl Linde

Dit was lekker om op so ‘n wonderlike wyse op ‘n eenvoudige manier te leer hoe om die Evangelie met ‘n kind te deel.

Dankie

Kuifie

Brokkies Nuus – September 2012

Goeiedag!

Hier is die Brokkies Nuus vir September. Doen jouself ‘n guns en lees weer 2 Kronieke 20 waar die sangers vooraan die leër geloop en God se lof besing het met “Loof die Here want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie” en die oorlog op wonderbaarlike wyse gewen het! Hierdie wonderlike verhaal is met van die klasse behandel in ons laaste week van afsluiting en ons besef dat ons God moet bly loof, Hy veg vir ons en is lief vir ons!

Volg die skakel om verder te lees

Brokkies Nuus – Augustus 2012

Hier is Augustus se Brokkies Nuus propvol nuwe nuus van skole en gemeenskap! Elke maand bring nuwe verrassings en geleenthede uit God se hand.

Ons is jammer om van Pieter van Jaarsveld as lid op ons bestuur afskeid te neem wie weens sy vol skedule en reisprogram moes bedank. Hy was/is ‘n groot aanwins vir Hey! veral in ons begin fase waar ons moes visualiseer waarheen ons oppad was en as ons nou terugkyk staan ons net in verwondering teenoor ‘n “awesome” God!

DANKIE Pieter vir alles die laaste 2 jaar!

Martin Meyer neem sy plek in en as Gauteng inwoner kan hy ook van hulp wees vir Belinda waarvoor ons dankbaar is! Ons is opgewonde oor die pad wat ons saam gaan stap. WELKOM Martin!

Ons dank jou vir jou volgehoue ondersteuning op watter wyse ookal en die maand se gebed vir jou en my is:

1 Timoteus 6:11-12 “Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid. In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal.” Bid hiervoor vir ons wie deel van die Hey! span asook vir al die vrywilligers!

Volg die skakel om te lees wat alles die maand gebeur het!

Brokkies Nuus Julie 2012

Hier is Julie maand se Brokkies nuus met foto’s wat die storie vertel van vrolike kinders wat entoesiasties deelneem en in die proses geestelik groei en ook belangrike waardes leer wat hulle elke dag kan toepas! Ons eer God vir elke oop deur waar ons die voorreg het om te kan bedien.

Ek bid hierdie bekende vers vir jou: Jeremia 29:11 “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”

Volg die skakel om meer te lees

Rusland 2012 Nuusbrief

Dit was nogals moeilik om die tydperk in ‘n 1 bladsy Nuusbrief vas te vang.  Maar met baie geduld het ek dit reg gekry.

Dankie vir almal wat dit moontlik gemaak het!  Hetsy deur gebed, oproepe, SMS’e of finansiele steun.  Dankie aan jou!

Bid solank saam met ons vir volgende jaar.  Ons is terug genooi na Kursk om verdere opleiding te gaan doen en daar is sprake van hulp met ‘n jeugkamp.  Bid dat die Here werklik vir ons hierdie deure sal oopmaak en dit finansieel moontlik sal maak.

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

Bybelse Inspirasie Julie 2012

Hier is ‘n Bybelse Inspirasie wat gaan oor God se teenwoordigheid en ‘n mooi aanbiddingslied van Matt Redman “Face Down” waar ook oor God se glorie en teenwoordigheid gesing word.

Volg die skakel om meer te lees.

Brokkies Nuus – Junie 2012

Hier is Junie maand se Brokkies Nuus. Hoewel dit eksamen maand was, was daar steeds BAIE nuus, nuwe gebeure en kwartaaleinde partytjies.

Wat dalk uitstaan na 6 maande van 2012 is dat ons ons naam “Hope Explosion” moet gestand doen en 1 Korintiërs 10:31 moet uitleef: “of julle eet en of julle drink of wat julle ookal doen, doen alles tot eer van God”

Bid daarom dat al die aanbieders en lede van Hey! hierdie sal waar maak in hul eie lewens maar veral waar met die kosbare jongmense gewerk word. Dit kan slegs gebeur met God se genade en onder die leiding van die Heilige Gees.

Nuwe gebedsversoeke :

1.Ds Chris Bester en Belinda Bothma gaan met EEIII SA na Rusland van 5 – 24 Julie. Hulle gaan daar opleiding bied aan gemeentes en uitreik.

2.Firgrove Primêr : Die skool begin op 18 Julie met Hoop vir Kinders tydens pouse en ons gaan hulle help om die klasse aan die gang te kry. Alle hulpmiddels is reeds gemaak en almal is baie opgewonde oor hierdie nuwe oop deur!

Geniet die wintervakansie en ontspan lekker voor die kaggel.

Om verder te lees volg die skakel

 
css.php