Join our Facebook page friends

Our Facebook page is up & running friends! Please join us here for regular updates and inspiration from The Word: www.facebook.com/HopeExplosionYouthMinistries

fb

Brokkies Nuus – Maart 2013

Hier is Maart se Brokkies Nuus waarin ek deel hoe God ons gelei het deur proses van groei sodat Hey! nou van gr RR tot 7 met gemak kan bedien. Ons deel graag die hoofpunte en vra gebed daarvoor spesifiek!

As mens na ons syfers kyk van kinders in die skole en dan nog Sondae se kinderdienste en kinderkerke bytel, saam met die uitreike wat ons doen asook saalopeninge gedurende die jaar  kan daar ‘n skatting gemaak van +/- 3900 kinders. Ons staan werklik nederig voor God vir Sy guns van Hey! se totstandkoming af.

Daar was sowat 55 weeklikse klasse in 2012, dit het nou gegroei na 92 in 2013 (69 in Kaap en 23 in Gauteng)!

Mag jy en jou gesin ‘n wonderlike Paastyd hê waar jy intens bewus sal wees van hoe lief God jou het (Johannes 3:16) deur Sy Seun Jesus te gestuur het sodat jy nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê!

Volg die skakel om verder te lees

brokkies_march

 

Brokkies Nuus – Februarie 2013

Goeiedag!

Hier is die tweede “Brokkies Nuus “ vir 2013. Dit verbaas my elke keer hoeveel nuwe dinge daar maandeliks gebeur in Hey! se lewe. By sommige skole het ons nou eers begin wanneer die ergste atletiek en swem stof gaan lê het. Dis heerlik (en ‘n voorreg) om ‘n weeklikse pad met die kinders te kan loop.

Die teksvers waaraan ons vashou en wat ons motiveer as dinge begin rof raak is Galasiërs 6:9 “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel”

Volg die skakel om verder te lees

Brokkies Nuus – Januarie 2013

Goeiedag!

Hier is die eerste “Brokkies Nuus “ vir 2013. Ons gee graag ‘n breë prentjie van al die plekke waar ons betrokke is op weeklikse basis in hierdie brief.

By sommige skole en plekke is Hey! reeds volstoom aan die gang met klasse en by ander begin ons eers later as dinge rustiger raak. Dis heerlik om weer al die ou bekende, maar ook nuwe gesiggies te sien! Ek lees vandag hierdie teks raak en besef as jy jou “commit” om Jesus se hande en voete te wees moet jy ook soos Hy Sy werk op aarde gedoen het doen en voluit gaan! John 4:34 “My food”, said Jesus, “is to do the will of Him who sent me and to finish his work”

Mag ons ons werk onder die kinders in 2013 met passie voltooi!

Volg die skakel om verder te lees……

Bybelse Inspirasie – Desember 2012

Hier is ‘n Bybelse inspirasie wat jou deur ‘n woud gaan neem! Mag 2013 gevul wees met God se liefde en vrede! Mag jy sommer bederf word deur spesiale momente met jou geliefdes in hierdie laaste deel van 2012. Geniet die laaste stukkie rus voor die jaar weer spoed optel.

Die teksvers wat ek jou toebid vir 2013 is :

John 14:27

Amplified Bible (AMP)

27 Peace I leave with you; My [own] peace I now give and bequeath to you. Not as the world gives do I give to you. Do not let your hearts be troubled, neither let them be afraid. [Stop allowing yourselves to be agitated and disturbed; and do not permit yourselves to be fearful and intimidated and cowardly and unsettled.]

Volg die skakel om meer te lees

Gebedsversoeke vir 2013

Goeiedag!

Hier is die gebedsversoeke soos belowe!  Die Here is besig om nuwe deure oop te maak en ons vra gebed daarvoor asb.  Asook wysheid vir ELKE persoon betrokke.  Ons wil altyd binne God se wil bly en doen wat Hy van ons vra:  Ephesians 5:10,16 “And try to learn [in your experience] what is pleasing to the Lord [let your lives be constant proofs of what is most acceptable to Him]. Making the very most of the time [buying up each opportunity], because the days are evil.”AMP

prayer

Continue reading

Gauteng Brokkies Nuus – November 2012

Middag almal,

Ja die tyd van die jaar is ons almal maar ongelooflik besig.  Dis asof alles wag tot die tyd van die jaar om te gebeur.

Wat Gauteng aan betref, was ons redelik besig.  Hierdie laaste kwartaal was vergaderings, bemarking, ens om mense te kry wat bereid is om ons te help volgende jaar in Brentwoodpark Laerskool.  En vandag kan ek net die Here loof en prys vir elke nuwe Vrywilliger wat ons pad gekruis het.  Ons is baie opgewonde oor hierdie oop deur waar ons Gr R, 1, 2 & 3 gaan bedien met die Evangelie.

Hier is solank gesiggies van ons nuwe span wat nou so pas klaar gemaak het met hul opleiding in H4K.  Baie welkom aan elkeen van julle!

Volgende week is dit laaste vergaderings waar ons beplan hoe ons elke klas gaan aanpak en wie saam met wie gaan werk.  Dan ook begin ons met die maak van al hierdie kurrikullums se hulpmiddels.  Bid asb vir ons vir finansies hiervoor asook die nodige krag en wysheid om dit te kan klaar maak in ‘n tyd waar ons almal baie moeg is nogsteeds net moet aangaan.  Bid vir hierdie uitstekende leiers wat saam met my hierdie skool gaan aanpak.

Dan het ons ook die voorreg gehad om by die EG Kerk Benoni die kinderkerk te bedien met H4K.  Dit was voorwaar ‘n voorreg.  Ons het op 25 November die prysuitdeling gehad en kon ek die kinders beloon wat werklik dit ernstig opgeneem het om die Evangelie te kon aanleer asook te gaan leef.

Annebel Projek het ook afgesluit vir die jaar.  Die Senior Meisies van Brandwag was heerlik bederf danksy borge by ‘n uithaal restaurant.

Die Annebel Projek Junior meisies is almal op ‘n plot met ‘n heerlike piekniek bederf.  Dankie weereens aan al ons borge hier ook.

Ek moet eerlik wees.  Hierdie was ‘n lang, uitputtende jaar vol aanpassings.  Maar ons is vol moed en sien uit na die jaar wat voorle.  Bid asb getrou vir ons.  Hier is nuwe kleuterskole wat ook opleiding soek en wil he dat ons Hey in hul skooltjies moet begin toepas.  Bid saam hiervoor aangesien dit ‘n heeltemalle nuwe terrein is wat ons sal moet aanpak.

Liefde en groete aan almal en ‘n Geseende Christusfees word u en u gesin toegebid!

Belinda

 

 

Kersfees wense van Hey!

Brokkies nuus November 2012

Hier is November se Brokkies nuus. Soos jy sal sien was daar nog dinge aan die gebeur die week en daarom is die brief bietjie later as gewoonlik!

Ek stuur nog later ‘n lysie met gebedsversoeke wat jy kan saamneem op vakansie en rustig be-bid in die stilte van die see of bos of waar jy gaan wees..

Volg die skakel om die nuusbrief te lees.

Uitreik in Somerset Wes – November 2012

Hier is brief oor Dinsadg se uitreik asook heelwat foto’s om te geniet!

Dit was wonderlik en ek wil ‘n reuse dankie sê aan almal wie bygedra het tot die sukses!

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

 
css.php