Brokkies Nuus Januarie 2014

Goeiedag!

Die volgende Bybelverse wys net weer vir ons aan die begin van 2014 dat God dit belangrik ag dat mense (ook kinders) gered moet word en Jesus as Verlosser en Here sal aanneem

1 Timoteus 2:3 “so is dit goed en aanneemlik vir God,ons Verlosser, dat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom… 

2 Petrus 3:9 “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. 

Die opdrag is baie duidelik en ons kan net aan God die eer gee vir die amper 70 mense wie hul hande opgesteek het hier in die Kaap om saam met ons in die Hey! bediening te dien. Hierdie manne en vroue gee Bybellesse op weeklikse basis en soos ons gister by opleiding so mooi gehoor het: “you are appointed by God, you are not just a helper”

Dankie aan elkeen van julle!

Bid asb vir elkeen (ook hul gesinne, gesondheid en huwelike) wie aan die kinders die Goeie Nuus van Jesus bring!

Bid asb vir ontvanklike kinder harte? in 2014

Volg die skakel om verder te lees … 2014 Brokkies Nuus Januarie

brokkies_jan14

Gauteng Nuusbrief

Die bediening sluit af in November met ‘n groot WOW!!

Volg die skakel om verder te lees……

Brokkies Nuus – Gauteng – November 2013

Uitreik by Helderberg Natuur reservaat 2013

Beste ouers

Verlede week die tyd was ons opgewonde oor die uitreik maar tog effens benoud aangesien soveel voorbereiding ingegaan het en ons gebid het vir ‘n 100% suksesvolle uitreik vol pret en Jesus-liefde..

God het werklik Sy sluise oopgemaak en ons geseën met wonderlike weer, gelukkige kinders, lekker eetgoed, genoeg koek en JC’s vir almal, Mammas wie flink kinders aangery het…om nie eers van die ruimhartige donasies te praat nie!!!

Ai hoe kan mens genoeg dankie sê aan ons Hemelse Vader!

Volg die skakel om die Nuusbrief te lees……

 

Ons Saligmaker: Christus die Here

Christmas e-mailer 2013_AFR

Brokkies Nuus – Oktober 2013

Hier is Oktober se Brokkies Nuus. Eerste maand van die 4de kwartaal van lekker besig, lees gerus binne meer!

Ons kan maar net aan God die eer gee want in die kort kwartaal tot dusver het soveel kinders oorgawes gemaak en aangedui dat hulle Jesus as hulle Verlosser en Here wil aanneem. Ek is opgewonde oor elke kind wie die keuse maak en besef dat Jesus die enigste Weg is! Johannes 14:6  “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

Hou solank 30 November die aand oop!Aangeheg is die “Partytjie vir Jesus” inligtingsblad van die wonderlike aand wat plaasvind by Post House wynplaas en die hele gesin kan heerlik kom ontspan en piekniek hou. Die Aarons het ook vir Hey! genader en ons is een van die begunstigdes by die geleentheid. Ons gaan ook rolspel doen van die Kinder EEIII aanbieding wat gaan wys wat die kinders hierdie jaar geleer het!

Nuusbrief – Oktober 2013

Jesus Partytjie – Inligting 2013

 

 

 

 

 

 

Brokkies Nuus – September 2013

Hier is Brokkies Nuus vir September. Skole het die week met ‘n “bang!!!” begin en ons het by sommige skole en plase begin maar die res van die tyd is beplanning gedoen en opleiding het plaasgevind.

Ek wil veral vra dat gebid word vir elk van die sowat 65 persone wie iewers in ‘n week by Bybellesse betrokke is namens Hey! My gebed vir ons as aanbieders is dat ons Geesvervuld die Woord van God en Goeie Nuus van Jesus sal bring, bewus daarvan dat ons niks sal word en Hy alles :

Isaiah 61 Amplified Bible (AMP) :61 The Spirit of the Lord God is upon me, because the Lord has anointed and qualified me to preach the Gospel of good tidings to the meek, the poor, and afflicted; He has sent me to bind up and heal the brokenhearted, to proclaim liberty to the [physical and spiritual] captives and the opening of the prison and of the eyes to those who are bound, 2 To proclaim the acceptable year of the Lord [the year of His favor] [a]and the day of vengeance of our God, to comfort all who mourn, 3 To grant [consolation and joy] to those who mourn in Zion—to give them an ornament (a garland or diadem) of beauty instead of ashes, the oil of joy instead of mourning, the garment [expressive] of praise instead of a heavy, burdened, and failing spirit—that they may be called oaks of righteousness [lofty, strong, and magnificent, distinguished for uprightness, justice, and right standing with God], the planting of the Lord, that He may be glorified.

Volg die skakel om verder te lees

 

Dankie vir jou volgehoue ondersteuning en gebede, ons kan nie daarsonder nie!

Brokkies Nuus – Augustus 2013

Hier is Augustus se Brokkies nuus en hoewel die skole waaroor ons gereeld berig almal volstoom aan die gang is, gaan stop ons bietjie by die plekke wie bietjie verder van  ons drumpel is.

Lees oor Lindilani, Bonnytoun en Lawrencia en maak dit asb. ook ‘n gebedsversoek aangesien daardie kinders nie die voorregte en geleenthede het waaraan ons gewoond is nie. Maar ons kan met hulle die Evangelie deel en liefde gee!

Ons uitdaging is om sout en lig te wees in hierdie donker wêreld soos in Matteus 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Dankie vir jou volgehoue ondersteuning, gebede en hulp, ons waardeer dit baie!

Volg die skakel om verder te lees

“NEWS FRESH OFF THE PRESS” DANIE ACKERMAN LAERSKOOL

Hi julle!

Dit was so bemoedigend om te kon ontmoet verlede week Dinsdag met die hoof van Danie Ackerman Laerskool in Strand/Somerset-Wes. Ek besef dat God met ‘n wonderlike plan my oor mense wie daar betrokke is se pad gestuur het by verlede Vrydag se sessie met Chris Bester vir ons vrywilligers en daagliks rig Hy dinge verder op om die bediening by die skool moontlik te maak.

Daar is 251 kinders (Gr5 en 6)-amazing ne? wie ons kan bedien. Die les sal Mailbox Club se Explorers Club program wees en les sal op Dinsdae van 8 tot half 9 wees. Ek poog om 12 mense te kry sodat ons 2 persone per klas kan hê om Bybelklas aan te bied aangesien die klasse tussen 45 en 49 kinders het. Op die stadium het 8 aangedui dat hulle moontlik sal kan help, wat fantasties is!

Ons kan in die 4de kwartaal begin Bid asb vir hierdie wonderlike geleentheid om Jesus se lig te laat skyn in skole! Ek het opleiding gereel vir 4 Oktober en ek is nou besig met voorbereiding van hulpmiddele vir aanbieders soda tons in tweede week van kwartaal kan begin.

Baie dankie

Celeste Steinmann

Cell: 082 322 5299

Brokkies Nuus – Julie 2013

Hier is Julie se Brokkies Nuus en hierdie maand is propvol nuwe nuus van groei in Julie. Meer as 200 nuwe kinders word vanaf Julie op weeklikse basis bedien en ons gee aan God die eer.

 

Meer kinders beteken meer aanbieders en jy kan meer lees oor hulle! Deuteronomium 31:8 is ons gebed vir al die mense wie Hey! se hande en voete is: “Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

 

Dankie vir jou ondersteuning en gebede, ons waardeer dit geweldig baie!

Volg die skakel om verder te lees

Brokkies Nuus – Junie 2013

Hier is Junie se Brokkies Nuus. Soos elke maand is daar te veel om te vertel en te min plek in die briefie!!

Gebedsversoeke vir nuwe bedieninge wat in die 3de kwartaal begin:

1. Die 6 Beaumont graad 5 klasse(5 Engelse en 1 Afrikaanse klas) gaan met Explorers Club begin. Dit beteken 6 nuwe aanbieders wie sowat 160 kinders gaan bedien. Ons is baie opgewonde hieroor.

2. By Lindilani (verhoorafwagtende seuns van 10-14 jaar) gaan weeklikse Bybellesse aan die sowat 50 kinders gebied word. Vanessa sal hier bedien en ons vra gebed hiervoor vir haar!

 

Besoek HEY! gerus op ons nuwe Facebook bladsy by die volgende link: www.facebook.com/HopeExplosionYouthMinistriesen gaan Like ons

 

Geniet die vakansie en rus lekker uit!

Lees verder deur die skakel te volg

 
css.php