Brokkies Nuus – Augustus 2014

Hier is nuus van die plekke waar HEY! bedien. Lees gerus oor die opwindende nuwe gebeds lokale wat opgerig word! Van 21 tot 28 September gaan skole, kerke en ander instansies in die Helderberg kom hul gebedsweek hê. Daar is beslis ‘n groot beweging wat gebed aanbetref en ons is opgewonde daaroor.

Die rede waarom jy hierdie nuusbriefie ontvang is dat jy op een of ander wyse HEY! ondersteun en ons wil sommer net weereens dankie sê.

Ek besef dis tyd vir ons om op te staan en ons lig helder te laat skyn vir Jesus en ek haal graag die Bybelverse aan wat “7 days on the wall” die gebedsweek koordineerders gestuur het:

I am going to do a new thing…I will make a road through the wilderness of the world…and create rivers…in the desert…(Is.43:19) Rise up, my love, my fair one, and come away…for the winter is past…the time of the singing of the birds has come…(Song of Songs 2:10-12) Arise, my people! Let your light shine for all the nations to see (Is.60:1)

Volg die skakel om verder te lees!

Aug 2014

Brokkies Nuus Gauteng – Junie 2014

Hierdie was voorwaar vir jou ‘n besige kwartaal.  Dit was eksamen skryf, nuwe aanbieders soek en oplei, gebedsweek, afskeid neem van ‘n fantastiese skoolhoof, ag en sommer vele meer.

Maar gelukkig kon ons aanbieders gefokus bly en hierdie kinders met die Evangelie bedien.  Sowaar ‘n vrugbare kwartaal gewees.  Soveel kinders gee hulle harte vir Jesus!  Dit maak die swoeg en sweet die moeite werd.

Dankie aan elkeen betrokke en so ook almal wat gereeld vir ons bid!

Volg die skakel om die Gr 000 -R se nuusbrief te lees

Gauteng Junie 2014

Volg die skakel om die Gr 1 – 4 Nuusbrief te lees!

Untitled

 

Brokkies Nuus Kaapstad – Julie 2014

Dis so mooi om die groen te sien uitspruit oral en die veldblomme in al hul glorie te kan geniet! Alles lyk vars en mooi en God het Sy skilderkwas uitgehaal oral rondom ons J

HEY! Sien ook groei, geestelike groei, in die lewens van die kinders waarmee ons werk en dis so bemoedigend. God is so goed!

 

Ek deel graag die stukkie uit Bob Gass se pen:

“The Psalmist writes, “The steps of a good man are ordered by the Lord, and He delights in his way. Though he fall, he shall not be utterly cast down; for the Lord upholds him with His hand” (Psalm 37: 23-24 NKJV). Observe: (1) God delights in the fact that you’re willing to step out in faith and try. (2) He doesn’t guarantee that you won’t stumble, but that ultimately He won’t let you fail. (3) When you feel like you can’t go on, He will uphold and strengthen you. What more could you ask for? Now, God never changes, but life does. So you must be ready to adapt to unforeseen circumstances.

 

Mag jy hierdeur bemoedig word!

Volg die skakel om verder te lees!!!

Julie 2014

:: HEY! PRAY! :: BERGE

Hier is Linda van den Berg se brief aan almal wie by HEY! betrokke is. Sy is intersessor vir ons almal en staan in die gaping as bidder vir HEY! se span. Saam met haar is daar nog baie wie spesiaal vir sekere van die aanbieders bid. Wat ‘n gerusstelling om haar rustige stem te hoor as daar ‘n krisis of problem opduik. Ek weet sommer dat sy dadelik bid en tyd by die Here spandeer rondom HEY!. Dankie aan jou, Linda!

 

Dis so lekker om hierdie brief uit haar pen te kry. Die Here praat baie met haar deur die natuur. Ek wie bevoorreg is om terwyl hier tik te kyk na die Hottentots Hollandse berge wat nou grys is na die pragtige pienk as son ondergaan oomblikke gelede moet erken dat ek ook ‘n berg liefhebber is.

 

Geniet die “brokkie” oor die berge!

Volg die skakel om verder te lees!!

Pray 1

Brokkies Nuus Kaapstad – Junie

Junie was ‘n maand waarin eksamen geskryf was en Bybelklasse gestop was by sommige plekke maar daar het steeds soveel gebeur dat die Brokkies Nuus te min plek het vir al die nuus en foto’s van gebeure. God is regtig so goed vir ons en ek kan net aan Hom die eer gee!

Ek besef net elke dag dat gebed onontbeerlik is in hierdie kinderbediening waarin ons staan. Ek en die sowat 70 persone betrokke in die Kaapse bediening kan hierdie volgende verse ons eie maak en daarna streef:

  • John 3:30 Amplified Bible (AMP) “He must increase, but I must decrease. [He must grow more prominent; I must grow less so.]”om op ons eie te probeer om kinders te bedien sal nooit werk nie, ons is net die kanaal waardeur God kan werk.
  • en dan moet ons geestelik groei om Sy boodskap suiwer te kan verkondig!“Eph 4:14-15We will no longer be immature like children. We won’t be tossed and blown about by every wind of new teaching. We will not be influenced when people try to trick us with lies so clever they sound like truth. Instead, we will speak the truth in love, growing in every way more and more like Christ” Geestelike groei moet ons prioriteit wees!

Bid asb bg. vir ons!

Volg die skakel om verder te lees

Junie 2014

Brokkies nuus – Mei 2014

Ek is baie opgewonde oor die nuwe inisiatief HEY!PRAY! wat in Mei van die grond af gekom het! Daar is soveel bekende verse in die Bybel waar ons lees van gebed en Jesus het self gesê: “My huis moet ‘n huis van gebed wees..” (Lukas 19:46)

As ek hierdie lees weet ek die nuwe been is so ontsettend belangrik :

“Die gebed van n gelowige het n kragtige uitwerking” Jakobus 5:16

“En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets

volgens sy wil vra.” 1 Johannes 5: 14

Indien jy nog betrokke wil raak hierby kontak  gerus vir

Linda van den Berg (082 372 8793) lindafeet@gmail.com of vir my.

Volg die skakel om verder te lees

brokkies_may14

Brokkies nuus – April 2014

Hier is April se Brokkies Nuus. Die rede waarom jy hierdie nuusbrief ontvang is omdat jy in HEY! se lewe betrokkke is hetsy as vrywilliger, gebedsvriend, donateur, vriend of familie. Sommer diep uit ons harte dankie vir jou aandeel – ons waardeer dit opreg!

HEY! is in die proses om ‘n gebedsbeen op te rig wat spesifiek sal instaan vir die Bybelklas aanbieders en kinders by plekke waar ons bedien. As jy enigsins hierby wil betrokke raak laat weet gerus.

Tydens die week van 18 tot 25 Mei gaan die Helderbergkom in samewerking met Jerigo Mure intree vir herlewing en baie skole het reeds ingestem om deel te wees van hierdie gebedsweek. Om sommer ‘n paar te noem: Lochnerhof, Beaumont, De Hoop, Danie Ackermann, Strand h/s, Paarl Vallei h/s. Ons gaan beslis mense nodig kry om te help bid by die “boiler rooms” wat opgerig gaan word hier. Dalk wil jy kom bid?

Col 4:2  “Be earnest and unwearied and steadfast in your prayer [life], being [both] alert and intent in [your praying] with thanksgiving” is verseker ‘n oproep tot gebed sonder om moeg of moedeloos te raak!

Ons is ook op Facebook 

Gaan “like” ons gerus!

Volg die skakel om verder te lees

brokkies_april14

Brokkies Nuus Gauteng Maart 2014

Ons Gauteng span is al heerlik op dreef en die kinders kan nie wag om elke week hul klassies by te woon nie.  Dit is sommer al vroeg bedrywig in Brentwoodpark Laerskool. Elke dag saam met die kinders is opwindend. Volg die skakel en lees verder om te sien waarmee die kinders besig is.

brokkies_maart14

Brokkies nuus Maart 2014

Hier is HEY! se Brokkies Nuusbrief waarin ons Maart se aktiwiteite uitlig.

Ons deel ook graag HEY! se visie en droom vir volgende 3 jaar. Voel net dat julle ook moet bewus wees en kan bid daarvoor:

HEY! wil steeds in lyn met ons visie hoop bring aan die jong generasie deur die Goeie Nuus van Jesus met hulle te deel en hulle toe te rus om hierdie Goeie Nuus met ander te deel.

Ons sal graag meer skole en gemeenskappe wil bereik en dus wyer asook dieper (meer klasse by skole waar reeds betrokke is) gaan. Ons besef dat dit werwing van meer Bybelklas aanbieders en admin personeel gaan verg. Om meer skole te bereik sal ons ‘n instrument kan wees in God se hand om meer kinders die keuse te kan bied om Jesus aan te neem en so kan God se Koninkryk uitbrei!

Die tweede deel van ons visie is om God te eer deur volwassenes toe te rus om kinders die Evangelie te leer en die implementering van ouderdom gepaste Bybel kurrikulums in hul skool of gemeenskap.

Die drie jaar plan om in Wes-Kaap en Gauteng verder uit te brei sal beteken dat meer aanbieders toegerus sal moet word en dit sal meer opleidings geleenthede noodsaak. Die wie reeds aantal jare betrokke is word ook geleenthede gebied om geestelik  te groei deur sulke opleidingsgeleenthede te skep. So word God se Koninkryk ook uitgebrei onder gesinne!

HEY! is baie opgewonde om meer fokus te plaas op gebed en gebeds geleenthede te skep by veral skole. HEY! wil meer gebeds weke uitrol asook  kontinue gebedspanne oprig wie sal intree vir skole, kinders wie bedien word en veral vir aanbieders van die Bybel klasse.

HEY! sal graag meer gereelde uitreike wil organiseer waar skole kan uitreik na gemeenskappe wat minder bevoorreg is en ons droom selfs van uitreike op kleiner skaal waar kinders van plaasprojekte na mekaar uitreik en mekaar dien! So kan ons Jesus se leierskap model om te dien aan kinders leer

In ‘n neutedop dus sal HEY! se drie jaar plan poog om meer kinders asook volwassenes aan Jesus bekend te stel en te dissipel deur geestelike groei programme/kurrikulums en geleenthede. So sal Matteus 5:16 waar word: “Hulle sal ‘n lig in die donker wêreld wees vir Jesus” Ons visie sal nog meer in vervulling gekom waaroor ons baie opgewonde en dankbaar sal wees teenoor ons Hemelse Vader!

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

brokkies_maart14_full

Brokkies Nuus Februarie 2014

Goeiedag!

Die kortste maand van die jaar was beslis propvol! Opleidingsgeleenthede en les voorbereiding, hulpmiddele maak en ander belangrike beplannings aksies het ons omtrent besig gehou. Hierdie maand gee ek ‘n oorsig van waarop HEY!  fokus, wie bedien, wat behels voorbereiding en waar ons aktief betrokke is in Wes-Kaap op hierdie stadium. Daar is amper soveel tyd met die aanbieders spandeer as met die kinders die maand en dis so ‘n ongelooflike voorreg om te sien wie God elke jaar stuur na HEY!

Dalk lees jy die en wil ook betrokke raak? Jy is baie welkom! Kontak my gerus

Ek lees hierdie raak die week en deel dit graag: If God is the source of your dream He will become the resource! You are full of untapped potential!  En dan die bemoedigende Bybelvers dat God die werk in ons doen:Phil 2:13 ” [Not in your own strength] for it is God Who is all the while effectually at work in you [energizing and creating in you the power and desire], both to will and to work for His good pleasure and satisfaction and delight. Dit is so bemoedigend, ek bid daarvoor!

Julle kan gerus op die Facebook bladsy gaan loer na foto’s wat ons weekliks neem.

Daar was navrae na HEY! se bankbesonderhede, hier is dit:
Hope Explosion Youth Ministries
Bank: FNB – Somerset Wes
Takkode: 200512
Tjek rekening: 62300088855

Dankie vir elkeen se getroue ondersteuning, gebede, bemoediging, omgee en insette! Ons waardeer dit baie

Volg die skakel om verder te lees.

brokkies_feb14

 
css.php