Brokkies Nuus Mei 2012

Goeiedag!

Hier is die Brokkies Nuus van die afgelope maand.

Ek wens daar was meer plek vir foto’s van al die wonderlike kinders wie ons weekliks bedien maar een A4 is net te min! Daar is 3 foto’s van die groepleiers en vrywilligers wie basies die hande en voete is. BAIE DANKIE aan elke persoon wie help op watter manier ookal.

Volg die skakel om meer te lees

Brokkies Nuus April 2012

Die skole het heropen en ons is omtrent volstoom aan die gang.

Volg die skakel om die Nuusbrief te lees

Brokkies Nuus Maart 2012

Hier is Maart se Brokkies Nuus.

Weereens besef ek net hoe God voorsien en hoe ons Hom maar net kan loof en prys vir Sy goedheid…veral in die Paastyd waar mens so bewus raak van die groot genade dat Jesus gely het aan die kruis vir ons sondes sodat ons vir ewig kan lewe!

Volg die skakel om die Nuusbrief te lees

Bybelse Inspirasie – Maart 2012

Hier is Maart se Inspirasie e-pos. ‘n Kombinasie van ‘n foto en ‘n lied inspireer my die maand. Die tema van die brief is “meer van U Jesus!” wat ek seker is ook die begeerte van jou hart is.

Geniet die welverdiende ruskans na ‘n vinnige en propvol eerste paar maande van 2012. Word weer bewus van Jesus se onvoorwaardelike liefde in die Paastyd en mag die kruis en opstanding sentraal staan vir jou!

Volg die skakel om Inspirasie te lees

 

Brokkies Nuus – Februarie 2012

Hier is die nuutste Brokkies Nuus. Daar is eintlik te veel vir een briefie maar hierdie is ‘n baie kort opsomming van wat gebeur het die laaste ruk!

Ons belofte uit die Woord: Spreuke 14:26 “wie die Here dien, het daarin ‘n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling”

Om verder te lees volg die skakel

Hoop vir Kinders Opleiding

As jy ‘n passie het vir Gods Woord en kinders is hierdie ‘n MOET vir jou.  Kom en ervaar hoe die Here met jou werk tydens hierdie werkswinkel van Dissipelskap.  Kom leer hoe om die Evangelie op ‘n Speel-Speel manier aan kinders oor te dra.  Bring jou Sondagskool personeel, onderwysers, ouers, oumas & oupas, kerkraad, en almal wat belangstel. 

Wanneer:

15 – 20 Maart 2012

Tye:

Donderdagaand, Vrydagaand, Maandagaand & Dinsdagaand – 17:00 – 22:00

      Saterdag – 08:00 – 17:00

Waar: 

NG Stellenberg, Bellville

Kostes:

 R200 per persoon

Verversings (koffie/tee) word bedien in die aande.  Saterdagmiddag sal middagete verskaf word.

Bespreek jou plekkie op die website of by Belinda – 073 835 5084 / belinda@hey.org.za

Brokkies Nuus Januarie 2012

Hier is die eerste “Brokkies Nuus” vir 2012! Daar is al heelwat nuus en baie nuwe uitdaging.

Mag hierdie die jaar wees waarin Jesaja 60:1 sal waar wees vir Hey! maar ook vir jou: “Laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring”

Volg die skakel om verder te lees!

Best Wishes from Hey!

Beaumont Laerskool Uitreik 2011

Hier is nuusbriefie met paar foto’s van verlede week se uitreik by die Helderberg Natuurreservaat. Dit was wonderlik gewees en ons was geseën met goeie weer en gelukkige gesiggies.

Geniet die Nuusbrief!  Volg die skakel om verder te lees.

Beaumont Kinderkuns – Gr 3

Van tyd tot tyd kry ons maats wat teken wat hul sien en ervaar tydens ons aanbiedings.

Hierdie was weer een waar tannies Celeste en Michelle die klas aanbied.  Tog te pragtig.  Kyk ons wonderlike “banner” soos deur die oe van ‘n kind!!

 

 
css.php