Bybelse inspirasie vir November 2011

Hier is die Bybelse Inspirasie wat gaan oor vrees en hoe ons soos Dawid teen die leeus /vrese in ons lewe moet opstaan en met God dit oorwin!

Geniet die laaste stukkie van die skoolkwartaal en sterkte vir almal wie eksamen skryf (self of as ouer wie ondersteun!)

Volg die skakel om verder te lees

Brokkies nuus – Oktober 2011

Hier is die Brokkies nuus van wat die laaste maand gebeur het sedert ons vorige briefie.

As die druk van die jaar te veel raak is Matteus 11:28-29 vir jou: “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle…Ek is sagmoedig en nederig en julle sal rus kry vir julle gemoed”.

Lees gerus wat hierdie maand in HEY! se lewens gebeur het.

Volg die skakel om verder te lees en los gerus ‘n bietjie positiewe komentaar!

Zambia Uitreik Nuusbrief

Eerstens wil ons net aan God al die eer gee vir die voorreg wat Hy ons gegee het om Sy werk te kan gaan doen in Zambia. 

Dit was sowaar vir ons ‘n voorreg.

Ons wil dan ook graag aan almal wat ons ondersteun het dankie se!  Elke sent wat jy gegee het om iemand op die span te borg, elke gebed wat jy gebid het, elke item wat jy geborg het, selfs die regstaan met vervoer, daar is so baie….  DANKIE!!!

PDD, Strand Omgeegroep, Ben Marais, Dr P van Jaarsveld, Andre & Yolande Gouws, EG Kerk Benoni Gemeente, Magda en Andre Gouws, Ouma Joey, Martin, Chris Bester, Oom Rocci, Ouma Soetie, Rialize

Paarl TV (Natalie De Kandia), Arch Bar Noorder Paarl (Freddie Siebrets), Jan Labuschagne, Oupa Freddie Hennig, Oupa Hannes Steyn

Jan & Winita Mostert, Tygerberg Pools, Pools for Africa (Derek & Tracy Teppler)

Spesiale dankie aan die ouers en wederhelftes:  Sharon en Andrea Hennig, Abe en Corne Spies, Jan & Mari White, Dirk & Werner Bothma

Ek hoop nie ek het iemand uitgelos nie.  Daar was so baie wat direk en indirek betrokke was – BAIE, BAIE DANKIE!!!

Gaan lees ook die span se getuienisse onder die “Testimonies” afdeling.

Nou uiteindelik kan jy gaan lees wat ons alles in Chingola gemaak het.  Volg die skakels om verder te lees!

Afrikaanse Nuusbrief

Engelse Nuusbrief

Ons is ook beskikbaar om te kom getuig in jou skool of kerk.  Kontak my gerus.

 

Bybelse Inspirasie vir Oktober 2011

Hier is hierdie maand se Bybelse inspirasie wat gaan oor God se teenwoordigheid, hoe om dit te vind en daarin te bly.

Wil jy ook in Sy glorie en teenwoordigheid  leef elke dag?

Lees dan verder!  Volg die skakel om verder te lees….

 

Mag hierdie ‘n opwindende laaste stukkie oppad na 2011 se wenstreep
wees vir jou waarin jy sommer daagliks naby Jesus sal lewe.

Gebedsbrief – 4

Soos geskryf vir ons deur Hettie van Rooyen

Lofprysing

Ps. 135:5 – “Ek weet die Here is groot, ons Here is groter as al die gode.  Die Here doen wat Hy wil, in die hemel en op die aarde, op die see en in die diepste oseane ”

Ek kom eer God

–  vir sy almag en grootsheid, groter as wat ek kan dink

–  vir sy alomteenwoordigheid, God weet van alles en almal oor die hele aarde

– Dat tyd en tye, nou en die toekoms, in sy hande is en Hy sy plan volvoer hier op aarde maar ook in die hemel

– Dat God ook in beheer van die geestes dimensie is, dit wat ons nie nou kan sien nie, wat ‘n invloed op ons het.

Sondebelydenis

Ps. 24:4 – “Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom kom staan?  Die een wie se hande rein en wie se hart suiwer is..”

–      Vra die Heilige Gees om sonde uit te wys wat ons doen deur ons optrede asook sonde wat ons in ons hart bedink (wat niemand van weet nie).

–      Pappa, Vader ondersoek my wese en reinig my, maak my bewus van sonde sodat ek rein voor U kan staan.

Gebed versoeke

Dank God vir die volgende –

– Die  ontvangs van  die Sertifikaat van nie-winsgewend organisasie

– Vir alle beskikbare hulpbronne

– alle finansies wat beskikbaar kom vir Hey!

– alle mensehande wat bereid is om te help

– alle materiaal – lesse, asook uitdeel materiaal aan die kinders en eetgoed

– Vir nuwe geleenthede soos Lochnerhof en die uitreik Zambië toe.

Vra dat God se wil bekend sal wees vir elke bediening in Hey!.

Ps. 127:1 – “As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs.  As die Here die stad nie beskerm nie,  tevergeefs  waak die wagte.

“ O, Pappa Vader, ons bid vir U teenwoordigheid in elke faset en bediening in Hey!   Ons weet dat die Woord wat aan kinders verkondig word niks in hul lewens sal verander as dit nie U plan en wil is nie.  Daarom vra ons om U stem te hoor en U wil te ken, U tydsberekening van te weet, vir Hey!  Ons bid U seën af  op die Woordverkondiging aan elke kind wat deur Hey! bedien word.  Ons bid dat die Woord op goeie grond sal val.

(Mat. 13:23 – “ Hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is die wat die boodskap hoor en verstaan. Hulle dra vrug en bring ‘n oorvloedige oes voort..” ). 

Ons vra dat U, dit wat in die weg staan,  om kinders ontvanklik te maak vir U Woord uit die weg sal neem  (Mat.13: 18-23)

Die Woord nie  gesteel sal word deur die vyand nie(saad wat op die voetpad val)

Dat as kinders die Woord begryp en verstaan, hulle sal vasstaan en volhard en nie later sal moeg word om in verhouding met U te leef as die druk van die wêreld te veel word nie. (saad tussen die klippe)

Die bekommernisse en die verleiding van rykdom sal keer dat die Woord vrugte dra. (saad tussen die dorings)

Seën

Deut. 28:7  “Die Here sal jou vyande oorwin wanneer hulle jou aanval.  Hulle sal jou van uit een rigting aanval maar sal in sewe rigtings vlug.  Die Here sal jou seën in alles wat jy doen en Hy sal jou graanskure volmaak met graan.  Die Here sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.”

God, beskerm U Woord en elke werker wat met U Woord bedien binne Hey!.  Mag die vyand in sewe rigtings vlug op elke aanval wat Hy loods.  Voorsien in elke behoefte wat ontstaan binne Hey! en Here seën die rondgebied wat U reeds aan Hey! gegee het.    

Amen

H4K Training in Simondium

What a stunning training this was!

They where 11 students.  3 Young men from the Simondium township and 8 Ministry people from Korea working in Simondium.  I immediately felt loved and accepted when started with this training.  God really work with everyone doing this H4K training.

Sonday I had the privelage to share the Gospel in the form of a Children Sermon in the little church on the Farm.  There was plenty kids and a few adults.  I shared with them the story of the Upside Town People.  I encouraged them to take of the belt of sin and invite Jesus into their hearts.  We were all blessed with this sermon.  Afterwards the kids where all treated with a cup of tea and a sandwich.

During the OJT that afternoon we invited some of the bigger kids over to join us for a little celebration, singing and chatting.  There where about 29 kids present.  As you can imagine the language barrier between the people of Korea and this Afrikaans speaking farm kids.  But nether the less the message came across.  A few kids gave their hearts to God that day.  He is such an Awesome God!

Here’s a few pictures to share with you!

Bybelse Inspirasie vir September 2011

Hallo!

Aangeheg vind asseblief Hey! se Inspirasie Nuus. Dankie vir jou volgehoue ondersteuning, dis kosbaar!

Dankie vir julle gebede verlede week asook vir die koek of fondse voorsien vir die uitreik na Lawrencia dit was wonderlik geseënd. Ek stuur later foto’s daarvan.

Die Hope 4 Kids opleiding in Simondium met die Koreane was ook fantasties, Belinda het dit geniet.

Goeie nuus is dat Lochnerhof volgende jaar Hey! se geestelike programme gaan implementer en ons sal help daarmee asook om mense toe te rus om aan te kan bied. Direkte betrokkenheid sal by die gr4 tot 7 klasse, wees dus 16 klasse. Graad 1 tot3 se onderwysers sal leiding neem maar ons sal hulp verleen om die bal aan die rol te kry! God is getrou!!

Geniet die klippe inspirasie en as jy weer op die strand klippe optel dink na oor die klippe waarhede in die Skrif!

Volg die skakel om die klippie inspirasie te lees.

 

Brokkies Nuus Augustus 2011

Wonder jy wat gebeur tydens Hey! se lesse? 

Omdat “Brokkies Nuus” daar is om ons getroue donateurs, bidders, vriende en familie op hoogte te hou gee ons so ’n kykie agter die skerms! Die volgende moet in ag geneem word by aanbieding:

Volg die skakel om verder te lees

H4K Opleiding in Zoar

Ja daar bestaan werklik so ‘n plekkie!  Jy ry deur Worcester, Robertson, Ashton, Montagu, Barrydale en dan Ladismith …. en “whala” Zoar!

Wat ‘n aangename verrassing.  Hierdie plekkie het totaal en al in my hart ingekruip.  Ek kan nie wag vir die volgende geleentheid om terug te gaan en verder onder die kinders en sy mense te gaan werk nie.  Dit is heerlik om daar tussen die berge die Evangelie aan mense te deel.  Hier kry jy egtheid (as daar so ‘n woord is) en opregte menslikheid.

Volg die skakel om verder te lees

Kinderkuns vanuit Beaumont Laerskool

Ons kry gereeld oulike tekeninge om HEY uit te beeld.  Ons probeer so gereeld moontlik van dit plaas op die blog.

Dis pragtig en beteken vir ons altyd baie!

 
css.php