Archive for the ‘On the Road’ Category

 

New H4K Volunteers

Thank you to all for joining us during the H4K workshop last week.  Yes it was a full and difficult week.  The devil really tried his utmost but God proved to us Who is in control.

We had a stunning workshop!  Thanks for your participation and please give God the change to continue working in your life. 

Although we started of on Friday with an accident – God was faithful.  Thanks Lisa for helping out!  I believe that God send you over my path in that hour.  I just know that from now on I will definately look diferently at a toothpick.  I am still battling with my foot but I just thank God that it wasn’t too serious.

Well done Ayanda, Elzette, Claudia, Matthew, Dorian, Carole & Lisa!

Vakansie Bybelskole – April vakansie

Dit was Belinda en Ds Chris Bester se voorreg om tydens hierdie April skoolvakansie 2 Bybelskole te kon aanbied.  Hierdie kinders het dit waarlik geniet om meer van die Here te leer.

Hierdie kinders het so diep in my hart ingekruip.  28 Maats by die Sir Louries Pas Village waar ek vir die week was het hul harte vir Jesus gegee.  Hulle het nie ‘n goeie ondersteunings sisteem soos ek en jy nie.  Daarom doen ek ‘n beroep op jou om daagliks vir hierdie kinders te bid dat hul staande sal bly.

Ek en Werner het regtig in hierdie tyd net weereens besef hoe bevoorreg ons is in alles wat ons het.  Moet nooit ophou dankie se vir die Koning Jesus vir dit wat jy het nie.  Daar is mense wat werklik swaar kry en nie daaroor kla nie.

Om meer te lees volg die skakel

Retreat Jeugkamp – 4 – 6 Maart 2011

Uiteindelik die lang beloofte Nuusbrief oor die Jeugkamp.

Ons het die kamp afgeskop op die Vrydagmiddag met 34 jongmense tussen die ouderdomme van 11 en 21.  Die kinders het per trein gery vanaf Retreat na Glencair (net voor Simonstad).  Hul bagasie is met die kombi tot by die terrein aangery.  Hulle moes ‘n paar kilometer stap vanaf die stasie tot by die kamp terrein.

Daar het ons hulle in 4 spanne ingedeel:  rooi, blou, geel en groen spanne.  Elke span moes ‘n spankreet, naam en bannier maak.  Dankie aan PNA Cape Gate vir die skenking van Uitdraaikryte, Filtpenne, potlode, penne, ens. 

Indien jy verder wil lees volg die skakel.

Fotos:

Tydens lesing oor God

Span & Speel tyd

Beplan 'n strategie!

Strategie word beplan vir Magic Carpet

Ons is op maar hoe nou?

Versigtig!  Moet dit nie breek nie, dit is witgoud!

Suig daai strooitjie anders verloor jy die ertjie!

Een span voer Garcia op.

VCSV Vakansiedienste – 10 Desember – 1 Januarie

Ja jy lees reg!  Ek en Werner is al weer oppad.  Hierdie keer is dit na die jaarlikse Stranddiens Uitreik te Uilenskraalmond.  Hierdie jaar sal ons 4de en laaste jaar wees…. vir eers.  Dis gogga wat jou nie sommer los as hy jou eers gebyt het nie.  Maar ‘n mens moet na jou liggaam ook luister.  Al die harde werk in skole, vakansie bybelskole, werkswinkels en so meer put ‘n mens uit.

Jy vra dalk nou wat is Vakansiedienste?

Die VCSV stuur jaarliks in Desember ongeveer 30 spanne na verskillende oorde regoor Suid- Afrika en Namibië met die doel om mense van alle ouderdomme op ’n relevante, eietydse wyse met die evangelie van Jesus Christus te bedien. Ons fokus op vriendskapsevangelisasie en werk hard om ons programme lekker en interessant vir almal te maak. Programme sluit onder meer poppekas, koffiekroeg, sportkompetisies, gaskunstenaars, speletjies en sandkasteelkompetisies in. Ons werk in verskillende gemeenskappe by elke oord, en probeer mense in hul leefwêreld ontmoet. Vakansiedienste is ’n wonderlike manier vir jongmense om hulle Christenskap in die Desembervakansie uit te leef!

Ons span bestaan uit ongeveer 30 jongmense met die ouderdom 16+ wat deur die Here gelei is om andere te kom dien en Sy hande en voete te wees.  Ons het ‘n ongelooflike vol program elke dag van die week behalwe Sondae en Kersdag.  Ons het jou gebede nodig om in hierdie tyd alles wat die natuur asook die duiwel na ons kant toe gooi te kan trotseer. 

Ek en Werner het besluit om hierdie jaar van Stranddienste met ‘n “BANG” af te sluit en daarom het ons jou gebede en ondersteuning ongelooflik nodig.  Ons is moeg en regtig afhanklik van God om ons beste hierdie jaar te gee.  Dalk ‘n ou SMS of oproep van jou in hierdie tyd sal baie welkom wees.  Jy is ook welkom om as jy in die omgewing is by ons te kom inloer.  Volg net die geraas!  Nee ek jok, volg die kinders na die GROOT Army tent en jy sal ons kry.  Ons sal met liefde vir jou ‘n koffietjie of koeldrank aanbied.

Click op die volgende link om ons program vir die tydperk te volg

EE3 Konferensie

Wat ‘n voorreg was dit nie om hierdie groot jaarlikse geleentheid te kon bywoon nie.  Ons het op 15 November begin by die Lofdal Kampterrein net buite Pretoria.  Heerlik om al die mede kollegas te ontmoet van verskeie buurstate soos Botswana, Mpumalanga, Swaziland, Namibia, ens.

Maandag het Ds Nico begin met ‘n kosbare gedeelte uit Matt. 8:18-27.  Hy het ons so bemoedig deur ons daarop te wys dat al was Jesus moeg en wou gaan rus, het Hy, toe die skare opdaag voort gegaan en hulle bedien.  Ons moet in die boot wees saam met Jesus.  “You can’t experience God if you’re not in the boat.”  En hoe waar is dit nie.

Die res van die dag het ons verslag gelewer oor wat in ons omgewings en bedienings gebeur het in 2010.  Ek kon soveel leer deur te hoor wat in alle streke van Suider Afrika aan die gebeur is.

Dinsdag 16 November het Past Johannes Lata met ons gepraat oor die vermeerdering van die broodjies en die vissies.  Hy het dit deurgetrek na hoe God vir almal daar gesorg het.  Maar kyk net waarmee het die dissipels opgeeindig – elkeen nog ‘n mandjie vol kos!  Ons moet God nooit betwyfel nie.  Hy sal vir ons sorg as ons Sy wil doen.

Daarna het ons begin met die beplanning van 2011 en moes elkeen van ons ook ‘n finansiele begroting vir die jaar opstel.  Ons moet leer om God te vertrou vir ons uitgawes.  Ons het ook alle nuwe administrasie rondom Hoop vir Kinder klinieke afgehandel en getuienisse met mekaar gedeel.  Dinsdagaand het ons almal die DVD “The God Man” gekyk en gepraat oor hoe ons dit kan gaan implimenteer.

Een spesifieke getuienis wat my bygebly het:  Mama Lina van Umtata het haar hart aan die Here gegee.  Sy kon nie lees of skryf nie.  Sy het een begeerte gehad en dit was om die Woord van God te kon lees.  Sy het Sondag na Sondag in die kerk gesit en alles ingedrink wat sy gehoor het.  Sy het begin bid dat God dit vir haar sou moontlik maak om op hierdie rype ouderdom van haar te kan leer om te lees sodat sy die Bybel kan begin lees.  Sy het een nag ‘n droom gehad dat die Heilige Gees haar kom leer om te lees.  Toe sy die volgende oggend in die kerk kom vra sy die dominee of sy asb die skrifgedeelte kan lees.  Hy was baie skepties omdat hy geweet het sy kan nie lees nie, maar het toegegee aan haar versoek.  Mama Lina het opgestaan en die skrifgedeelte vlot begin lees.  Die wonderlikste deel van die storie?  Mama Lina kan net uit die Bybel lees!  Hulle het al vele ander boeke voor haar gehou en haar probeer kry om te lees, maar sy kan net die Woord van God lees!  God het haar gebed beantwoord. 

Woensdagoggend het Dennis met ons gepraat uit Fil 3:12-16.  Ons moet voluit gaan vir die wenpaal.  Hou jou oe gevestig op God en Hy sal jou beloon aan die einde van die wedloop.

En ai die tye wat ons gehad het om saam te bid gedurende hierdie 3 dae was net fantasties.  Om saam met ons broeders en susters van verskillende denominasies te kon stil word en mekaar aan die Here te kom opdra was ‘n belewenis wat mens nie kan oorvertel nie.  En dan praat ons nie eers van die lekker sing nie!  Ai dit was so geseend!  Kan nie wag vir volgende jaar om almal weer te sien en te hoor hoe God hul bedienings in 2011 geseen het nie.

Ja ek weet, almal wil seker weet hoe ons geeet het!  Ha-ha-ha – dit bly mos maar altyd ‘n hoogtepunt.  Ons het lekker eg Afrika geeet.  Braaivleis, stywepap en shibo!  Heerlik!  Sophie en Anna was uitstekend in die kombuis en moenie van Chris vergeet wat die vleis moes braai nie.  Uitstekend!  Ek dink ons het almal so ‘n paar kilo’s opgetel wat werklik die moeite werd was.  Dankie ons het werklik lekker geeet!

Dankie aan die EE span wat so ‘n wonderlike konferensie gereel het!

 
css.php