Archive for the ‘News’ Category
Brokkies nuus – 28 Januarie 2011
Met skole atletiekbyeenkomste, swemgalas, oueraande en vele meer fokus ons op beplanning,voorbereiding en afsprake met vrywilligers en personeel.
Kyk saam terug na laaste deel van 2010
Vold die link om verder te lees
ONTBYT – Dankie!!
Sommer ‘n paar foto’s van ons ontbyt waar Pieter van Jaarsveld en Niël Steinmann ons kom leer het oor emosionele intelligensie en mentorskap. Ons het soveel geleer en almal het die oggend baie geniet (en baie gelag!).
Lees gerus verder deur op die volgende link te click
Inspirasie: “Voorspoedige 2011”
Bybelse inspirasie vir ons getroue vrywilliger, vennoot & vriend “VOORSPOEDIGE EN GELUKKIGE 201 1 ! ” Hierdie hoef nie net ‘n nuwejaarswens te wees nie maar is ‘n waarborg van God. . .
Click op die LINK om verder te lees
Hierdie hoef nie net
Gebedsbrief – 09-12-2010
Druk uit en lees/bid rustig deur Hettie van Rooyen se 2de gebedsbrief vir Hey! se bediening.
Lofprysing
1 Kron. 28:11-13 – “Aan U, Here, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en die aarde behoort aan U, Here. Aan U behoort die koninkryk. U is verhewe bo alles. Rykdom en eer kom van U alleen want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk. Ons dank U, o God, en prys u heerlike Naam! “ Hiermee verklaar ons – aan God behoort die grootheid, heerlikheid, mag roem en majesteit – alles in die hemel en die aarde behoort aan God – die koninkryk behoort aan God – Hy is Koning oor alles – as alles aan God behoort, besit Hy rykdom en eer – God het die krag om te verhoog en versterk volgens Sy wil.
1. Sondebelydenis – Jes. 42:8 – “My eer deel ek met niemand nie” – Bely voor God dat ons nie altyd die eer aan Hom gee vir wat goed gebeur in ons lewens nie – Bely dat ons grootste stryd is om eer vir onsself te hou – Vra God om ons oë op Hom gefokus te hou en Hom die eer gee wat Hom toekom
2. Gebed versoeke – Dank God vir die volgende:
- 2010 – een jaar se evangelie wat gesaai is in kinderharte
- Vir elke kind wat geestelik gegroei het en elke kind wat Jesus aangeneem het
- Vir elke ge-opende deur in skole en instansie waardeur kinders bereik is
- Vir elke werker en helpers wat die evangelie uitgedra het. Vir die passie wat in hulle harte brand vir Jesus en kinderharte.
- Dank God vir die totstandkoming van Hey!
- Vir finansiële voorsiening. Dank God vir Mergon Trust wat as ‘n vennoot na vore gekom het vir Hey!
3. Seën – Uit “Seën jou gees…” van Arthur Burk Fil. 1:6 “….dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” – Seën jou, Hey!, om so in die genade van God te wandel dat jy die dinge kan voltooi wat God in jou hart geplaas het. Daar is so baie areas waar jy begeer om die werk van God te doen maar dit nog nie voltooi het nie, daarom seën ek jou om God se getrouheid daarin te ervaar dat Hy jou die genade sowel as die begeerte gee om dit te voltooi.
Dankie dat jy saam met ons bid!
Bybelse Inspirasie vir November 2010
Bybelse inspirasie vir ons getroue vrywilliger,vennoot & vriend “Dit is nou die tyd om na My wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet” Hosea10:12
Met die vakansie voor die deur en die vooruitsig van see, sand, ontspan en luilekker dae in die somerson dink ek onwillekeurig aan al die tyd wat spandeer gaan word deur die vissermanne (jonk en oud , gesout en onervare) wie geduldig gaan wag vir „n byt!Hulle is bereid om te wag…maar is ek en jy oor die algemeen bereid om te wag ?
Volg die volgende skakel om verder te lees
Hey! Morning workshop & breakfast Invitation – 18 Januarie 2011
Hey! invites you to a morning workshop and breakfast where two of SA’s renowned speakers will share their expertise! Pieter van Jaarsveld will talk on emotional intelligence and the impact on your health, relationships and success in the business. Niël Steinmann will share how to sustain your business through effective mentoring relationships. Please join us!
Please find attached invitation on page 1 and information on the guest speakers on page 2
Baie dankie vir 50 Bybels
Hierdie briefie is om baie dankie te sê vir jul bydrae om die Woord van God te gee aan kinders wie nie self ‘n Bybel gehad het nie!
Volg die volgende link om verder te lees.
Gebedsbrief 1
1. Lofprysing
Jude 1:24 – “To the one only God, our Saviour through Jesus Christ our Lord, be glory, majesty, might and dominion, and power and authority, before all time and now and forever”
Gee aan God al die eer vir:
* die enigste lewende God
* vir ons verlossing deur Jesus Christus
* verklaar “Jesus Christ is Lord” (Rom 10:9) – Hiermee verklaar ons dat ons geen reg meer het oor ons eie lewe het nie maar nou behoort aan Jesus Christus.
* verklaar dat alle glorie, majesteit,
* mag en domein (dit wat aan God behoort), krag en outoriteit aan God alleen behoort
* dat God bestaan, voor tyd gevestig is op die eerste dag van die skepping, nou en vir ewig
2. Sondebelydenis
Jude 1:20 – “praying in the Holy Spirit”
* Bely voor God dat ons baie keer die leiding van die Heilige Gees vergeet as ons tot God nader in gebed
* Vra God vir die Heilige Gees se leiding tydens hierdie gebed sessie. Vra vir ‘n sensitiewe gees om te hoor as die Heilige Gees tot jou praat
* Ook vir onderskeiding tussen jou eie gees en die Heilige Gees se stem
3. Gebedsversoeke
* Onderrig van die Woord van God.
* 2 Kron 17 :7 – “In die derde jaar van sy (Josafat) se bewind het Josafat sy amptenare gestuur om in al die dorpe van Juda te onderrig.”
* 2 Kron 17:10 – “Vrees vir die Here het oor die omliggende koninkryke gekom sodat nie een van hulle oorlog teen Josafat verklaar het nie.”
* Josafat het die geestelike toestand van Juda raakgesien en is die eerste koning wat besluit dat die volk onderrig moet word in die Wet van God. Die gevolg van hierdie aksie, deur Josafat, is dat die vyande van Juda die teenwoordigheid van God in Juda ervaar het en ‘n vrees oor hulle gekom het. God seën Juda met vrede(geen oorloë) en voorsieningheid( vers 13 – baie voorrade)
Bid vir Hey! die volgende
* dat God die grondgebied sal vergroot vir die onderrig van Sy Woord – die hele Juda
* dat God vir Hey! en die skole/instansies waar die Woord verkondig word, sal kom seën met vrede en voorsienigheid
* Vra God om die persone wat hierdie onderrig moet doen by name te roep (vers 7 – by name het Josafat 16 mense – priesters en Liviete uitgestuur.
4. Danksegging
Heb. 10:23 “Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.”
Dank God vir sy getrouheid – dat ons aan elkeen van sy beloftes kan vashou.

