Helderberg Uitreik 2019
Goeiemore!
Hier is die nuusbrief wat ek vanoggend na Beaumont ouers gestuur het om te bedank vir bydraes vir uitreik 2019! Ek het gedink jy sal dit geniet om die briefie te kry en te deel in spesiale oggend op die manier.
Dit was wonderlik om ook die gr R klas by te hê die jaar. Vir die eerste keer in 9 jaar kon ons buiten die geskenke vir die maatjies na wie ons uitreik asook die juffrouens wie met hulle werk ook vir elke skooltjie n goeie kwalitiet sokkerbal en hoola hoops koop!! Dus kan almal die items saam benut. Die Here het regtig Bo natuurlik voorsien in die fynste detail en selfs my gebed om die kans gegun te word om tog met die kinders te kan sing en dans verhoor! Dit was verlede jaar gestop gewees deur die reservaat.
Aangeheg die briefie met n paar fototjies – daar is soveel mooi fotos maar ek dink hierdie gee die hartklop weer van die dag!
Liefde groete
Volg die skakel om meer te lees en fotos te sien.


