::HEY! UITREIK 29 NOV 2018 NUUSBRIEF::

Hier is verlede week se uitreik nuus. Dit was so ‘n spesiale dag en ons kan die Here net die eer gee vir die suksesvolle dag!

’n Groot dankie aan elke Beaumont ouer wie bygedra het en dit moontlik gemaak het om geskenkpakkie, hoedjie met HEY!logo, koek, JC’s, gekenkies vir elke helper by die creches wie ons genooi het te kon koop. Daar was beslis meer gespeel gewees die jaar met die musiek situasie maar dit het ons nie gekeer om steeds ‘n fantasiese tyd te gehad het nie. Daar was ‘n rustigheid en lag en liefwees wat oral teenwoordig was. Ek moet ook spesiaal dankie sê aan elke gr 2 en hul onderwyseresse wie die geskenkpakkies so kunstig en met liefde versier en verpak het! Dis ‘n spanpoging soos min en elke jaar staan ek verstom hoe alles net so vlot verloop.

Die gebede van soveel vir die voorbereidings en dag self het die basis gevorm en kan my maar net weer laat getuig dat dat soveel krag in gebed is -Jakobus 5:16.

Nov uitreik

Volg die skakel om meer te lees

 

This entry was posted on Monday, April 8th, 2019 at 4:01 pm and is filed under Kids, News. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php