Kaapstad Nuusbrief Kwartaal 1

Die 1ste kwartaal het verby gevlieg – aangeheg is net ‘n paar Brokkies Nuus uit hierdie propvol kwartaal. Dankie vir elkeen se ondersteuning-ons waardeer dit soveel!

As jy na hierdie foto hieronder kyk sal jy saamstem dat die kinders gelukkig lyk en aandagtig en vol afwagting luister na die Bybel tannie se stem. Dit laat my dink aan die gedeelte in Johannes 10:2-4 ”Maar hy wat deur die hek ingaan (van die skaapkraal), is die skape se herder; vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.” As ons dissipels van Jesus is moet ons Sy stem ken! Ons gebed is dat kinders ‘n verhouding met Jesus sal hê en ons wil d.m.v. Bybelonderrig aan hulle die nodige leiding gee.

foto

 

A.W. Tozer het gesê: “He is not a silent God who suddenly begins to speak in a book and, when the book is finished, lapses back into silence again. No, we must approach our Bible with the idea that it is…God speaking to us right now” Mag elkeen van ons die hongerte en begeerte na die stem van God ontwikkel en met verskerpte ore in afwagting na Sy stem luister soos ons dieper in Sy Woord delf en in ‘n nuwe, naby verhouding met Jesus stap.

Ons wens jou ‘n baie spesiaal geseënde Paasfees vol vreugde toe.

Volg die skakel om volle nuusbrief te lees

1ste Kwartaal 2018 CT

This entry was posted on Wednesday, March 21st, 2018 at 3:15 pm and is filed under News. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php