Brokkies Nuus 1ste Kwartaal 2017

Goeiedag!

Aangeheg is die 1ste kwartaal se Brokkies nuus. Soveel mense vra waar presies ons  bedien en daarom die tabel wat alle plekke en getalle presies aandui. Dit maak ‘n groot deel van die nuusbrief uit en gevolglik is daar nie genoeg plek vir alle nuus in die briefie nie. Ek wil graag net die 2 punte byvoeg:

  • Aanhou wen in Somerset Wes is die eerste van ons HEY! HELP! inisiatiewe en hier word met gestremdes gewerk. Ons wil ‘n nouer pad met hulle stap. Baie van die lede kom uit agtergeblewe omstandighede. Dis ‘n absolute “blessing” om hier te kan bedien en hulle is so ontvanklik!
  • Die gebeds container by Danie Ackermann gaan die “House of Hope” genoem word en vorder flink en ons beoog om dit vanaf die 2de kwartaal in werking te stel as ware gebedshuis!

2017 het begin met nuwe geleenthede, ‘n tekort aan mense om te help en ander uitdagings maar ons het in geloof alles aan ons Hemelse Vader oorgegee en Hom vertrou vir uitkomste. God is so getrou! Ek deel graag hierdie aanhalings van Reinhard Bonnke m.b.t. geloof as inspirasie vir elk van ons:  “Faith is a kind of immune system filtering out fears that otherwise would paralyze all activity. Faith is a leap into the light, not a step into the darkness”  Stap vreesloos in geloof elke dag. 

Mag jy en jou geliefdes ‘n geseënde Paasfees ervaar en jy in die tyd intens bewus wees van Jesus se groot genade en liefde vir jou!

Liefde groete

1ste kwartaal 2017

This entry was posted on Wednesday, April 26th, 2017 at 9:31 am and is filed under News. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php