Julie & Augustus Brokkies Nuus
Julie en Augustus was weereens besige maande met BAIE nuus waarvan ons in die briefie maar net ‘n paar brokkies kan deel.
Ons waardeer elke gebed, donasie, bemoediging en belangstelling opreg. Aan elkeen wie sy of haar tyd gee om ‘n Bybelklas namens HEY! aan te bied wil ons sê: jou tyd, liefde en opoffering word waardeer. Wees verseker dat jy ‘n ongelooflike belangrike werk doen en help om saad te saai in kinderharte. Jy is besig met Koningkryks werk!
By ‘n opleidingsgeleentheid deur Hein Reyneke van SCAS Vrydag het hy die pragtige verse uit Psalm 139 gedeel om te toon hoe lief God vir ons is en ek hoop dat jy ook opnuut tot die besef sal kom van Sy ontsaglike groot liefde vir jou! Leef met daardie besef elke dag: psalm 139:17: “Kosbaar is u gedagtes vir my,o God! Hoe onmeetlik is die totaal! 18As ek dit sou moes tel, sou hulle meer wees as sandkorrels!” of dan in Engels Psalm 139:17“How precious are your thoughts about me,[b] O God. They cannot be numbered! 18 I can’t even count them; they outnumber the grains of sand!”
Volg die skakel om verder te lees


