Einde 2de kwartaal Nuusbrief – Kaapstad

Hier is die nuus sedert ons laaste brief. Dit was werklik baie besig en as jy die Brokkies nuus lees sal jy sien waarom!

 

Ek besef elke dag dat HEY! maar net soveel kinders kan bedien as wat daar hande is. Die volgende twee Skrifte is so mooi en ek vra dat jy bid volgens Spreuke 16 vir wysheid en  verstandigheid vir elkeen van ons wie help om Bybel onderrig te doen en dit sal doen met positiewe woorde wat die kinders sal opbou en motiveer:

Spreuke 16:23 “’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig. 24 Mooi woorde is soos heuning;  dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe.”

 

In Handelinge 4 moes Petrus en Johannes hul getuienis lewer voor die Joodse Raad en toe hulle losgelaat is, is daar deur die gelowiges gebid vir waagmoed. Hand4: 29b “Gee dat ons, U diensknegte, U woord met waagmoed sal verkondig. 30 Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” 31 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.

Sal dit nie wonderlik wees as ons só die Woord van die Here kan verkondig nie? Gevul met die Heilige Gees en onverskrokke! Dit kan so wees as ons Jesus dit vra in gebed!

Dankie vir jou ondersteuning en omgee-ons waardeer dit opreg!  Volg die skakel om meer te lees

09062015 kaap

This entry was posted on Tuesday, June 9th, 2015 at 6:46 pm and is filed under News. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

 
css.php