Kaapstad 2015 Brokkies Nuus 1ste Kwartaal
Ek besef dat ons in die “saai” bedryf is en daagliks in kinder lewens saad saai!
2 Kor 9:10 “God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet sal ook aan jou saad gee en dit laat groei en jou vrygewigheid n ryk oes laat oplewer” en daarom kan ons net dankie sê aan die Here wie saad gee vir HEY!
Daar is hierdie kwartaal baie saadjies in die grond gesaai en ons vra dat jy saam sal bid vir die oes wat Jesus laat oplewer. Daarmee saam gaan natuurlik diegene wie die saad saai en weereens kan ons getuig van ‘n gedugte span van mans en vroue wie lief is vir die Here maar ook baie lief is vir kinders en vrywilliglik hul tyd en liefde gee om kinders te bedien met die Goeie Nuus van Jesus!
By Vrydag se opleiding het Hein van SCAS hierdie gedeelte aangehaal uit Kolossense4:2 “Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar 3 en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons ‘n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig…… 4 Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is.” En ek vra dat jy sommer hierdie gedeelte as gebed vir die bediening sal bid. Gebed eerste,dan sal res ook in plek val! Mag die Boodskap ook duidelik oorkom en op vrugbare grond val!
Dankie vir jou volgehoue ondersteuning – ons waardeer dit opreg! Onthou om ook na ons Fcebook bladsy te gaan en dit te “like” Daar word weekliks foto’s geplaas van klasse waar ons bedien!
https://www.facebook.com/HopeExplosionYouthMinistries
Click op die onderstaande nuusbrief om verder te lees…..


