Brokkies Nuus – September & Oktober 2014
Welkom by die laaste stukkie van 2014!
Mag jy werklik God se vrede ervaar midde-in die gejaag en afronding van alle take en uitdagings wat voor jou uitstrek voor die wenpaal van 31 Desember 2014 bereik word ?
Kyk wat gee Jesus aan Sy dissipels voordat Hy terugekeer het hemel toe: “vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Johannes 14:27)
Daarom deel ek graag die volgende seëngebed uit Arthur Burk se boek “Seën jou gees..” Lees dit biddend, dis werklik my gebed vir jou!
“Ek seen jou om diep in jou gees te weet dat God, jou Vader, se guns op jou is, dat Hy jou liefhet, van jou hou, jou geniet en bly is oor wie jy vandag is…. Hy geniet jou wanneer jy slaap en wanneer jy wakker word. Ek seën jou met ‘n diepe bewustheid van daardie realiteit. Ek seën jou om jou Vader se liefde te ken, om verseker te wees daarvan, en om die vrede van Jesus in jou verhouding met jou Vader te hê”
Mag jy hierdeur bemoedig word.
Dankie vir jou ondersteuning en gebede, die HEY! span waardeer dit baie!
Besoek ons gerus op Facebook
Volg die skakel om verder te lees


